School sportSport

19 Kempies neem deel aan die SA’s

Rugbyspanne toer na Noord-Kaap

DIE Kempies spog vanjaar met 19 atlete wat gekwalifiseer het vir die SA skolekampioenskappe in Bloemfontein.

O/15: Brenton Spangenberg (gewigstoot), Christelle Grobler (diskus en gewigstoot), Ruan van der Merwe (hamergooi), Divan Swart (hamergooi), Ricus Wybenga (3000m) en Kyla Meyer (800m).

O/17: Bianca Nel (diskus en hamergooi), Marc Pritzen (1500m), Quintin Pennels (400m), Alden Deysel (800m) en T’ionette Murray (100m).

O/19: Ryno Blom (gewigstoot en diskus), Celia Stramrood (400m en 800m), Cindy von Ahlefeldt (400m en 800m), Louis Stramrood (100m), Rachel Wepener (gewigstoot), Cóhann Smith (800m) en Buksie Swart (200m).

Rugby: die volgende spanne het die naweek na Kimberley getoer om teen Noord-Kaap deel te neem.

Die uitslae was as: eerstes verloor 17-20, tweedes wen 21-15, O/16A verloor O-14, O/15A verloor 7-24, O/14A wen 26-14.

Muurballigawedstryde: Kempies 2 wen Veritas 1 12-2, Kempies 3 wen Veritas 2 9-3, tweedes wen St Dominique’s eerstes 12-0, derdes wen St Dominique’s tweedes 12-0.

Skaak: toernooi by Mooifontein Laerskool: Wian Maritz tweede O/15, Wehan Olivier eerste O/18.

Engels debat: die senior span het Saterdag by Waterstone College aan rondte 4 tot 6 van die SACEE-liga deelgeneem.

Kempies wen die eerste debat teen Oprah Winfrey Academy B, verloor die tweede teen Willowmoore A. Die derde rondte teen St Dominique’s B was ‘n blinde rondte en die uitslae word eers hierdie week bekendgemaak.

Al die debatte was impromptu. Die spanne moet op hul algemene kennis en vermoë staatmaak.

Luggeweerskut: SANSSU (Limpopo-kompetisie):

Presisie 10M Barend Botha goud; Presisie 3P Barend Botha silwer; Presisie groottotaal (10M + 3P) Barend Botha silwer.

Sporter O/21 3P Simone Mzyk goud; Philip Haussamer silwer.

Sporter O/21 10M Philip Haussamer goud; Simone Mzyk brons.

Sporter O/21 groottotaal (10M + 3P) Philip Haussamer goud); Simone Mzyk silwer.

GTRA (Gauteng Target Rifle Association):

Presisie O/16 10M Olimpies Ruan Botha goud; Presisie O/14 10M Olimpies Ruan Botha goud.

SANSSU proewe 2:

Presisie 10M Barend Botha goud; Ruan Botha silwer.

Presisie 3P Barend Botha goud; Ruan Botha silwer.

Sporter O/21 3P Simone Mzyk goud; Philip Haussamer silwer.

Sporter O/21 10M Simone Mzyk goud.

Back to top button