School sportSport

VIDEO: Kempies hou die gees hoog by super-interhoër

Tuks-reeks skop af teen Transvalia

DIE jaarlikse super-interhoër het verlede week op die Herman Immelmanstadion plaasgevind.

Kempies het in hul massas opgetrek om bankvas agter hulle span te staan. Die son was warm en die kompetisie genadeloos.

Kempies het met ‘n verbete poging daarin geslaag om tweede in die groot geselskap te eindig.

Helpmekaar het gewen met 743 punte. Tweede was Kempton (685), gevolg deur Waterkloof (626), Monument (604), Garsfontein (571), Nelspruit (522), Transvalia (514), Affies Meisies (514) en Affies Seuns (422).

Een van die groot hoogtepunte was toe Kempies se SO/19 aflosspan stof in die ander spanne se oë geskop het en die goue medalje verower het.

Sien nog foto’s hier

Die volgende Kempies het meer as 900 ABSA-punte verower:

Chante Dixon (O/14 800m 903, 1500 949), Liane van Jaarsveld (O/14 verspring 905), Mac Pritzen (O/17 1500m 911), Cohann Smith (O/19 800m 921), Johnic Smith (O/17 800m 923), Kyla Meyer (O/15 400m 932, 1500m 978, 800m 1036), Shane Grobler (O/14 verspring 935), Celia Stramrood (O/19 800m 946), Christelle Grobler (O/14 gewigstoot 949, diskus 983), Quintin Pennells (O/17 400m 951), Brendon Spangenberg (O/15 gewigstoot 964), Juandre Breytenbach (O/17 400m hekkies 967), Chazel Bezuidenhout (O/14 300m hekkies 989), Bjorn van Wyk (O/14 100m 992, 200m 1095), Juan Oosthuyzen (O/14 diskus 1094).

D17 kampioenskappe: Tydens dié kampioenskappe het 53 Kempies gekwalifiseer om aan die Gauteng-kampioenskappe deel te neem.

Tuksreeks

Kempies het die naweek afgeskop met die eerste groepwedstryde teen Transvalia.

Rugby: eerstes 22-17, tweedes 11-17, derdes 22-0, O/16B 21-18, O/16A 12-17, O/15B 26-22, O/15A 7-17, O/14B 0-52, O/14A 7-19.

Netbal: eerstes 32-23, tweedes 13-17, O/17B 26-6, O/17A 12-14, O/16B 11-21, O/16A 31-8, O/15B 25-11, O/15A 18-20, O/14B 15-13, O/14A 24-22.

Hokkie (meisies): eerstes 0-5, tweedes 0-4, O/16B 0-0, O/16A 0-4, O/15B 1-4, O/15A 0-1, O/14B 0-5, O/14A 0-0.

Sien nog foto’s en video van die interhoër op www.kemptonexpress.co.za

Back to top button