School sportSport

Kempie-skuts het hul oog goed in

Die Engels Debat SACEE-liga het Saterdag by Willowmoore afgeskop

HOëRSKOOL Kemptonpark se sportuitslae vir die afgelope week.

Muurbal-ligawedstryde: Kempies 1 verloor teen Woodlands 1 7-8, Kempies 2 wen Woodlands 2 7-6, Kempies 3 verloor teen Germiston 1 7-11.

Netbal: die O/14A-span het die afgelope naweek aan die Saheti-toernooi deelgeneem waar hulle die O/16-afdeling gewen het.

Luggeweerskiet: SANSSU (South African School Shooters Union) proewe 1:

Presisie 10M: Barend Botha goud, Ruan Botha brons.

Presisie 3P: Barend Botha goud, Ruan Botha brons.

Sporter O/21 3P: Simone Mzyk goud, Philip Haussamer silwer.

Sporter O/21 10M: Simone Mzyk goud, Philip Haussamer silwer.

SAARA (South African Air Rifle Association) Noord-Wes Ope:

Presisie O/14 3P: Ruan Botha goud.

Presisie O/14 10M Olimpies: Ruan Botha goud.

Presisie O/16 3P: Jovan Botha brons.

Presisie O/14 10M Olimpies: Jovan Botha silwer.

Sporter O/21 3P: Philip Haussamer goud.

Sporter O/21 10M: Philip Haussamer goud.

Daar is nog twee kompetisies waaraan die skuts die volgende twee naweke deelneem, naamlik die SANSSU Limpopo Provinsie kompetisie by Hoërskool Florida op 5 Maart en die SANSSU proewe 2 in Brakpan op 11 en 12 Maart.

Engels Debat: die Engels Debat SACEE-liga het Saterdag by Willowmoore afgeskop.

Die Kempies het St Dunstan’s College A geklop in die eerste rondte met die mosie: “This house would ban Rumbler”.

In die tweede rondte het Willowmoore A Kempies geklop met die mosie: “This house would appoint the public protector by means of a public vote”.

Rondte 3 teen Oprah Windrey Academy se uitslae is nie bekend gemaak nie.

Back to top button