School sportSport

Kempies sesde by jaarlikse top 10

Talle atlete het uitstekende ABSA-punte behaal

TYDENS die jaarlikse AGN Top 10-atletiekbyeenkoms laasweek het Kempies het daarin geslaag om uit bykans 80 skole ‘n sesde plek te behaal met ‘n gemiddelde punt van 987.

Die uitslae was: 1. Monument A. 2. Prestige College A. 3. Menlopark A. 4. Waterkloof A. 5. Vorentoe A. 6. Kemptonpark A. 7. Helpmekaar Kollege A. 8. Garsfontein A. 9. Paarl Gimnasium A. 10. Zwartkop A.

Die volgende Kempie-atlete het meer as 900 ABSA-punte verwerf:

Kerry Ann Botha (O/14 gewigstoot 903), Lyndi Roelofse (O/15 3000m 906), Quinton Pennels (O/17 400m 907), Brendan Spanneberg (O/15 gewigstoot 911), Celia Stramrood (O/19 800m 918), Marc Pitzer (O/17 1500m 931), Bjorn van Wyk (O/14 100m 935, 200m 1048), Chazel Bezuidenhout (O/14 300m hekkies 946), Johnic Smith (O/17 800m 962), Kyla Meyer (O/15 1500m 974, 800m 1005), Christelle Grobler (O/14 gewigstoot 988, diskus 1163).

Fietsry: Die afgelope naweek het die jaarlikse Carnival City Casino se MacSteel padfietswedren plaasgevind waaraan duisende padfietsentoesiaste deelgeneem het.

Andries Nigrine van die Kempies was derde in die SO/16 afdeling.

Muurbal: ligawedstryde: Kempies 1 wen Hans Moore 1 12-0, Kempies 2 wen Hans Moore 2 11-5.

Back to top button