School sportSport

Kempie-atlete behaal goeie ABSA-punte by byeenkoms

Die eerste span het Hans Moore met vier paaltjies geklop

KEMPIES was die afgelope naweek derde in beide die seun- en meisie-afdelings tydens die Florida Prestigebyeenkoms.

Die punte was:

Meisies: Afrikaanse Hoër Meisies 516, Menlopark 503, Kempton 418.

Seuns: Afrikaanse Hoër Seuns 522, Menlopark 446, Kempton 402.

Die volgende Kempies het ABSA-punte bo 900 behaal:

Dominique Terblanche (O/14 hoogspring 903), Twane Barnard O/14 hoogspring 903), Lyndi Roelofse O/15 1 500m 904), Chante Dixon O/14 800m 926), Brandon Spannesberg (O/15 diskus 932), Quinton Pennels (O/17 400m 936), Bjorn van Wyk (O/14 100m 937; 200m 1047), Chazel Bezuidenhout (O/14 300m hekkies 955), Johnic Smith (O/17 800m 970), Mark Pritsen (O/17 800m 978), Christelle Grobler (O/14 gewigstoot 986, diskus 1055), Kyla Meyer (O/15 800m 987), Juan Oosthuizen (O/14 diskus 1001).

Krieket

Die eerste span het Hans Moore met vier paaltjies geklop.

Hans Moore het 171/10 in 38 beurte aangeteken, waarna Kempton 173/6 in 40 beurte geslaan het.

Coenie van Deventer het 76 lopies behaal.

Die O/15-span het met 42 lopies teen Hans Moore verloor. Hans Moore het 322/5 in 50 beurte op die telbord gesit.

Kempton kon slegs 280/5 in 50 beurte bymekaar maak.

Back to top button