School sportSport

Kempies seëvier teen Waterkloof

Twee atlete behaal topprestasies

KEMPIES het Vrydag ‘n massa-atletiekbyeenkoms by Waterkloof gewen.

Kempies het die byeenkoms ingepalm met 1 029 punte. Waterkloof was tweede met 1 002, gevolg deur Transvalia (774), Nelspruit (697) en Potch Gimnasium (535).

Die Victor Ludorum, Cohen Smith, kom uit Kempies se geledere, asook die junior baanatleet, Bjorn van Wyk.

Atlete wat meer as 850 Absa-punte behaal het, was:

Keagan Crane (O/16 1500m 851), Dominique Terblanche (O/14 hoogspring 853), Shane Schoeman (O/14 hoogspring 853), Kerry-Ann Botha (O/14 gewigstoot 853), Johnic Smith (O/17 800m 860), Chante Dixon (O/14 1500m 860), Quinten Pennels (O/17 200m 879), Marc Pritzen (O/17 800m 884), G Thomas (O/14 verspring 887), Cohen Smith (O/19 800m 887), Chante Dixon (O/14 800m 889), Kyla Meyer (O/15 1500m 904, 400m 941, 800m 966), Liezel Killian (O/15 hoogspring 905), Brandon Robbesons (O/15 gewigstoot 905), Juan Oosthuyzen (O/14 diskus 950), Christelle Grobler (O/14 gewigstoot 980, diskus 1069), Bjorn van Wyk (O/14 100m 1024, 200m 1049).

Luggeweerskiet: twee skuts het die naweek aan die GTRA Stage 1-kompetisie deelgeneem.

Barend Botha: goud presisie 0/16 3P, silwer presisie O/16 10M.

Jovan Botha: goud presisie O/16 10M

Jovan (graad 10) is in Desember as lid van die Suid-Afrikaanse Luggeweerskietvereniging (SAARA) se ontwikkelingspan gekies wat Suid-Afrika in Mei in Duitsland sal verteenwoordig.

Krieket: Die eerste- en O/15-spanne het die naweek teen Potch Gimnasium in die Vinsbury-reeks kragte gemeet.

Eerstes: Kempton 103 almal uit. Potch Gimnasium 107/3. Kempies verloor met 7 paaltjies.

O/15: Kempton 238/5. Potch Gimnasium 231/8. Kempton wen met 7 lopies.

Ethan Gower het 60 lopies geslaan terwyl Keanan Lennox in sy agt boulbeurte 3/22 gevat het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button