Kempies wen massa-byeenkoms op hul tuisveld

Die byeenkoms het in goeie gees plaasgevind en daar is reeds vroeg in die seisoen pragprestasies op ‘n swaar baan gelewer

KEMPIES het die afgelope naweek ‘n vriendskaplike massa-atletiekbyeenkoms teen Monument, Eldoraign, Wesvalia en Pretoria Boys High op sy tuisveld gewen.

Die byeenkoms het in goeie gees plaasgevind en daar is reeds vroeg in die seisoen pragprestasies op ‘n swaar baan gelewer.

Een van die uitsonderlike prestasies was onder andere deur ‘n atleet van Eldoraigne, Theuns Ehlers, wat die 400m S/19 in ‘n tyd van 50,5 afgelê het.

Sien nog aksie-foto’s hier en hier

Kempies het die byeenkoms gewen met 710 punte, gevolg Monnas (636), Eldoraigne (424) en Wesvalia (322).

Die volgende Kempie-atlete het goeie ABSA-punte behaal:

Meisies

Liane van Jaarsveld (O/15 verspring 802, Chante Dixon (O/14 1500m 805), Twane Barnard (O/14 hoogspring 806), Zandrea Kirsten (O/16 gewigstoot 810), Sherine van der Westhuizen (O/17 verspring 812), Bianka Nel (O/16 skyfwerp 812), Monique Hoffman (O/16 gewigstoot 815), Lindy Roelofse (O/15 1500m 822), Mckayla Spies (O/15 gewigstoot 829), Kerry-ann Botha (O/14 gewigstoot 852, skyfwerp 876), Dominique Terblans (O/14 hoogspring 853, Kyla Meyer (O/15 1500m 867, 800m 918), Christelle Grobler (O/14 skyfwerp 993, gewigstoot 1008).

Seuns

Quintin Pennels (O/17 200m 801), Cohann Smith (O/19 1500m 812, 800m 891), GP Bezuidenhout (O/15 gewigstoot 814), Johnic Smith (O/17 800m 821), Marc Pritzen (O/17 800m 838), Jason Smit (O/16 hoogspring 849), Juan Oosthuizen (O/14 gewigstoot (851), Ethan Gower (O/14 hoogspring 865), Nicko Venter (O/14 skyfwerp 881),

B van Wyk (O/14 200m 882), Dillan Theron (O/17 gewigstoot 885), Bjorn van Wyk (O/14 100m 893), Brendan Spanenberg (O/15 gewigstoot 908), Juan Oosthuizen (O/14 skyfwerp 1012).

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version