School sportSport

Jeugie moker 100-tal in span se sege

Hy het sy eerste 50 lopies van 44 balle geslaan en sy volgende 50 van slegs 18 balle

Hoërskool Jeugland se krieket het die die afgelope naweek met die superreeks teen Hoërskool Rustenburg afgeskop.

Jeugland het die loot gewen en Rustenburg ingestuur om te kolf. Rustenburg is in die 38ste beurt vir 190 lopies uitgehaal.

Die boulers wat vir Jeugland uitgestaan het, is Erhardt Steyn (3/32), Steven Rossouw (2/37) en Louis Geldenhuys (2/44).

Vanaf die begin van Jeugland se kolfbeurt het die kolwers Rustenburg se boulers gedomineer. Die kolwer wat uitgestaan het, is Geldenhuys, wat 125 lopies nie uit nie vanaf 72 balle aangeteken het.

Hy het sy eerste 50 lopies van 44 balle geslaan en sy volgende 50 van slegs 18 balle.

Kolwers wat hom bygestaan het, is Ross Becker (23) en JD Beetge (21*). Hoërskool Jeugland het Rustenburg se telling in die 26ste beurt verbygesteek om met sewe paaltjies te wen.

Die O/15 krieketgroep het afgeskop met ‘n toer na Rustenburg. Die groep het ses wedstryde gespeel waarvan hulle vier gewen het.

Kolwers wat uitgestaan het, was André Williams met 60, 71 en 76 lopies; Zander Smith met 55, 41, 44 en 40 lopies.

Spelers wat op toer met die bal uitgeblink het, was Auldin Francis met syfers van 2/20 en 2/16 en Keagen Balfour met 3/33 en 3/10.

In die Finsbury-reeks het die O/15’s teen Rustenburg by Rustenburg gespeel. Jeugland het eerste gekolf en 131 lopies gemaak. Rustenburg het die telling met slegs twee paaltjies staande verbygegaan.

Back to top button