Jeugland se O/14 krieketspanne haal finale

Verskeie van die skool se skuts presteer

HOËRSKOOL Jeugland se O/14 krieketspanne het gewys dat hulle opwaarts op pad is in die Easterns-krieketliga.

Beide spanne speel in die finaal van die Easterns-liga teen Hans Moore. Die finaal se datums moet nog vasgestel word.

Skyfskiet:Tristan Swanepoel het ‘n goue medalje vir 10m sporter gewen en Bernardus Haasbroek ‘n bronsmedalje vir presisie O/20.

Goue spanmedaljes is toegeken aan Heinrich Kruger, Bernardus Haasbroek, Juhandre Swart, Wihann Swart, Tristan Swanepoel. Richard Hudson en Tracey Bishopp verower ‘n silwer spanmedalje.

SAARA nasionale kleure 2015 is toegeken aan Tristan Swanepoel en Wihann Swart. Hertoekennings is gemaak aan Bernardus Haasbroek, Richard Hudson, Elandre van As, Tracey Bishopp en Marle Taljaard.

Bernardus Haasbroek het ‘n bronsmedalje by die SA’s verower.

Oud-Jeugie Marle Taljaard is die 10m Olimpiese Nasionale Vroueskut van die jaar, asook die 2015 SAARA 10m vroueskut van die jaar vir die vyfde agtereenvolgende jaar.

Exit mobile version