Kruinies se O/10 span wen die liga

Hulle speel na die vakansie in die Easterns semi-finaal

LAERSKOOL Kruinsig se O/10 krieketspan het Laerskool Van Riebeeckpark gewen om die Kemptonpark-krieketliga in te palm. Die Riebies het eerste gekolf en 71/9 aangeteken. Kruinsig se beste boulers was Corne Jansen met 3/15 en Ian van Rhyn met 2/10. Die Kruinies het die wentelling in slegs 10 beurte bereik vir die verlies van drie paaltjies. Die wenspan is Zane Kleynhans, Heinz Zeuner, Schalk Bezuidenhout, afrigter Werner Botha, Werner Joubert, Ian van Rhyn, Reghard Nel, Hanre van Eck, Ivahn van der Merwe, Dillan de Lange, JP Pienaar, Corne Jansen, Janco du Preez and Danre Bredenham. Hulle speel na die vakansie in die Easterns semi-finaal.

Exit mobile version