Kempies se jukskeispan wen Direkteurstrofee

Cameron Taylor is as een van die vyf beste spelers aangewys

KEMPIES se O/16 jukskeispan het vanjaar die gesogte Direkteurstrofee vir Jukskei verower.

Dit is die eerste keer vanaf 1977 dat die skool se O/16 seuns hierdie trofee wen. Cameron Taylor is as een van die vyf beste spelers aangewys.

Die spanlede is Jared Loock, Johan Naude, Ruan van der Merwe, Cameron Taylor en Dillon Reineke (reserwe).

Sewes-rugby: Hoërskool Kemptonpark het met albei sy sewesspanne vir die finaal van die Noordvaal-kompetisie gekwalifiseer.

Die top drie spanne van albei ouderdomme word aan die hand van ‘n puntetabel bepaal na die afloop van die twee Valke-toernooie wat by Hans Moore en Hugenote gespeel is.

Die O/15 span het die toernooi by Hans Moore gewen en ‘n vierde plek by Hugenote behaal. In totaal het die span eerste in hul afdeling gekom, wat hulle as die Valke se kampioenspan laat kwalifiseer het vir die finaal wat op 22 en 23 September by Hoërskool Menlopark gehou word.

Die O/17 span het in albei toernooie as naaswenners uit die stryd getree wat hulle as die Valke se nr 2 vir die finaal laat kwalifiseer het.

Dr EG Jansen het albei toernooie gewen.

ASA SA landloopkampioenskappe in Middelburg: Meisies: 1ste Simonay Weitsz MO/16 4km, 8ste Lyndi Roelofse MO/14 4km, 12de Jessica Bezuidenhout MO/19 6km.

Seuns: 9de Warno Potgieter SO/19 8km, 33ste Claude Pretoruis SO/15 4km, 37ste Ricus Wybeng SO/14 4km.

Muurbal: Marno Lindeque eindig vierde in die Noord-Gauteng Ope vir SO/19.

Liga-uitslae:

Kempies 2 vs Woodlands 1 verloor 4-9, Kempies 1 wen Springs Boys 1 12-0. Krieket: Kempton 1 vs Benoni 1: Benoni 244/0, Kempton 246/5. Kempies wen met 5 paaltjies.

O/15: Benoni 41/10, Kempton 42/5. Kempies wen met 5 paaltjies.

Tweede span: Benoni 86/10, Kempton 87/4. Kempies wen met 6 paaltjies.

Luggeweer: Van die skuts het die afgelope naweek aan ‘n GTRA-kompetisie deelgeneem.

Jovan Botha: 10M goud – 590.1/600 (dit is gemeet op die desimale stelsel waar die volmaakte skoot 10.9 punte is en nie die gewone 10 punte nie).

Barend Botha: 10M goud – 587.2 / 600 (gemeet op die desimale stelsel).

Chantelle Botha: 3P silwer – 577/600, 10M silwer 391.4/400 (gemeet op die desimale stelsel).

Exit mobile version