Kempies maak skoonskip teen Jeugland

Die eerste span het met een paaltjie gewen

KEMPIES se krieketspanne het Saterdag skoonskip teen Jeugland gemaak deur al drie wedstryde te wen.

Die eerste span het met een paaltjie gewen.

Jeugland het eerste gekolf en 175/10 aangeteken, waarna Kempton 176/9 geslaan het. Zander Els het 63 van 58 balle gemoker.

Die tweede span het met sewe paaltjies geseëvier. Jeugland het 136/10 aangeteken en Kempies 138/3. Kempton se uitblinkers was Andrew White met 29 nun en Alre Theron met 4/17.

Die O/15A span het met agt paaltjies gewen. Jeugland het 274/9 op die telbord gesit, waarna Kempies met 277/2 geantwoord het. Dean Barnard (113) en Francois Marais 76 nun het die Kempie-aanval gelei.

Landloop: Die meisies was tweede en die seuns derde by die Noordvaal-finaal in Potchefstroom.

Meisies: 1. Vorentoe. 2. Kempton. 3. AHMP. 4. Prestige College. 5. Randburg. 6. Centurion. 7. Garsfontein.

Seuns: 1. Vorentoe. 2. Prestige College. 3. Kempton. 4. Affies seuns. 5. Birchleigh. 6. Zwartkop. 7. Nelspruit.

Individuele uitslae:

SO/15 Seuns Claude Pretorius 5de, MO/19 Simonay Weitz 2de, SO/19 Warno Potgieter 3de.

Ringbal: Steven van Eeden en Armand Cronje is vir die Gauteng-span gekies.

Liga-uitslae: MO/15 wen 48-14 teen Brandwag B, seuns verloor 24-34 teen Brandwag, gelykop 18-18 teen Birchleigh.

Jukskei: Die volgende Kempies is vir Oos-Gauteng gekies: Claude Pretorius, Ruan van der Merwe en Cameron Taylor (kaptein).

Kempies se eerste span is ook aangewys as ligawenners van die O/16A liga en die tweede-span was naaswenners.

Muurbal: Kempies 1 wen Kempies 2 9-0, Kempies 1 wen Hans Moore 1 12-0, Kempies 2 verloor teen Brandwag 1 12-0.

Sewesrugby: Die span het tot in die plaat semi-finaal gevorder tydens ‘n O/19 toernooi in Vryheid.

Revue: Kempies se revuegroep het ‘n silwer toekenning by Beyond 2000 (Nasionale Kompetisie) ontvang en dring deur na Kaleidoskope Nasionaal.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version