KEMPIES se krieketspanne het Saterdag skoonskip teen Jeugland gemaak deur al drie wedstryde te wen.
Die eerste span het met een paaltjie gewen.
Jeugland het eerste gekolf en 175/10 aangeteken, waarna Kempton 176/9 geslaan het. Zander Els het 63 van 58 balle gemoker.
Die tweede span het met sewe paaltjies geseƫvier. Jeugland het 136/10 aangeteken en Kempies 138/3. Kempton se uitblinkers was Andrew White met 29 nun en Alre Theron met 4/17.
Die O/15A span het met agt paaltjies gewen. Jeugland het 274/9 op die telbord gesit, waarna Kempies met 277/2 geantwoord het. Dean Barnard (113) en Francois Marais 76 nun het die Kempie-aanval gelei.
Landloop: Die meisies was tweede en die seuns derde by die Noordvaal-finaal in Potchefstroom.
Meisies: 1. Vorentoe. 2. Kempton. 3. AHMP. 4. Prestige College. 5. Randburg. 6. Centurion. 7. Garsfontein.
Seuns: 1. Vorentoe. 2. Prestige College. 3. Kempton. 4. Affies seuns. 5. Birchleigh. 6. Zwartkop. 7. Nelspruit.
Individuele uitslae:
SO/15 Seuns Claude Pretorius 5de, MO/19 Simonay Weitz 2de, SO/19 Warno Potgieter 3de.
Ringbal: Steven van Eeden en Armand Cronje is vir die Gauteng-span gekies.
Liga-uitslae: MO/15 wen 48-14 teen Brandwag B, seuns verloor 24-34 teen Brandwag, gelykop 18-18 teen Birchleigh.
Jukskei: Die volgende Kempies is vir Oos-Gauteng gekies: Claude Pretorius, Ruan van der Merwe en Cameron Taylor (kaptein).
Kempies se eerste span is ook aangewys as ligawenners van die O/16A liga en die tweede-span was naaswenners.
Muurbal: Kempies 1 wen Kempies 2 9-0, Kempies 1 wen Hans Moore 1 12-0, Kempies 2 verloor teen Brandwag 1 12-0.
Sewesrugby: Die span het tot in die plaat semi-finaal gevorder tydens ‘n O/19 toernooi in Vryheid.
Revue: Kempies se revuegroep het ‘n silwer toekenning by Beyond 2000 (Nasionale Kompetisie) ontvang en dring deur na Kaleidoskope Nasionaal.