Kempies se sportuitslae die afgelope week

Verskeie gimnaste verwerf hulle kleure

VERSKEIE artistiese gimnaste van Kempies het hul Oos-Gautengkleure verwerf en neem die komende naweek deel aan interprovinsiale kampioenskappe bekend as die Noord Sone.

Vlak 2: Chené van Aswegen, Madelein Venter, Dominique Eeden.

Vlak 3: Chanté Smith, Jammy Coetzee, Clariska van Staden, Nicoline Erasmus, Charlene Coetzee, Zhandi van Eden.

Ringbal: Die volgende O/17 spelers is vir die Ekurhuleni-Noord distrikspan gekies om aan die Gautengproewe deel te neem: Steven van Eeden, Armand Cronje, Zath Lotz, Dene Robberts, Michaela Minnaar, Karli Pieterse, Merriam Maloka en Marni Mouton.

Luggeweerskiet: Dié skuts het gekwalifiseer om aan die SA kampioenskappe deel te neem: Barend Botha (individueel), Jovan Botha (individueel), Markus Mzyk (sporter O/14A), Adriaan Barnard (sporter O/16A), Philip Haussamer (sporter O/16A), Simoné Mzyk (sporter O/16A), Adrian Strydom (sporter O/16B), Michael Lombard (sporter O/16C), Ruan van der Westhuizen (sporter O/16C) en Andrew Rowlands (sporter O/21C).

Jukskei: DiéKempies het keuring by die Oos-Gauteng Bondedag behaal:

O/16A: Claude Pretorius (voorgooier), Ruan van der Merwe (derde gooier) en Cameron Taylor (agtergooier en kaptein).

O/16 ontwikkeling: Jarred Loock (tweede gooier).

Tennis: finale uitspeelwedstryde in die liga: seuns: Kempton B verloor 35-37 vs Heidelberg C.

Meisies: Kempton B wen 41-31 vs Brandwag B, Kempton C is reeds as wenners aangewys.

Landloop: uitslag D17 liga:

Junior seuns: 1. Kempies 66. 2. HTS Rhodesfield 246. 3. Birchleigh 246.

Senior seuns: 1. Kempies 64. 2. Birchleigh 75. 3. HTS Rhodesfield 183.

Algehele wenners: Kempies.

Junior meisies: 1. Benoni High 65. 2. Kempies 66. 3. Birchleigh.

Senior meisies: 1. Kempies 64. 2. Benoni High 75. 3. Rhodesfield 183.

Algehele wenners: Kempies.

Krieket: tweede span vs Noordheuwel: Noordheuwel 165/8. Kempies 147/7. Kyle Hartman 57 van 51 balle en 3 beurte, 32 lopies en 6 paaltjies.

Kempton verloor met 18 lopies.

O/15 vs Elspark: Kempies 172/2. Elspark 55 almal uit. Francois Marais 74 nie uit nie, Dries Moolman 3 beurte 12 lopies en 5 paaltjies.

Kempton wen met 117 lopies.

Eerste span vs Hans Moore: Kempies 159/5. Hans Moore 155. Zander Els 64 van 44 balle.

Kempton wen met 4 lopies.

SAWMGA: Mariolé en Magda van Coller het gedurende die jaar aan drie Gauteng-kwalifiseerders vir die Western Mounted Games deelgeneem. Hulle is ook die eerste leerders van Hoërskool Kemptonpark wat hierdie perdrysport nog ooit beoefen het.

Mariolé het vyf eerste, sewe derde en drie vierde plekke behaal en is as kampioen aangewys.

Magda het vyf eerste, 11 tweede, drie derde en ses vierde plekke behaal en het drie keer as algehele reserwe-kampioen uitgetree.

Ringballiga: meisies: O/18 klop Birchleigh 32-6, verloor 16-32 teen Brandwag; O/17 A en B verloor albei hulle wedstryde; O/15A wen 34-12 teen Birchleigh; O/15B wen 28-6 teen Birchleigh.

Seuns: O/18 gelykop 32 elk teen Hans Moore; wen 32-18 teen Brandwag; O/17 wen 56-16 teen Brandwag B; O/15 verloor albei hulle wedstryde.

Exit mobile version