Twee Kempie-spanne in die kwarteind

Hier is al die skool se sportuitslae vir die week

TWEE van Hoërskool Kemptonpark se rugbyspanne het na die kwarteind van die Beeld-troefee deurgedring.

Die O/14A-span het in ‘n uitstekende wedstryd vir Zwartkop met 29-12 gewen. Die O/15A-span het gelykop gespeel teen Montana gespeel, maar omdat Kempies meer drieë gedruk het, het hulle die wedstryd gewen.

Die eerste span het ongelukkig met 20-14 teen Eldoraigne verloor.

Junior stadsraad: Jade Smith is as ‘n junior stadsraadlid verkies.

Die graad 10 VLR het ‘n vergadering bygewoon waartydens leerlinge uit 33 skole verkies is tot ‘n junior stadsraad. Hierdie leerlinge gaan as verteenwoordigers optree vir Kemptonpark as ‘n stad.

Skaak: O/18 kom derde by distrik, O/15 kom tweede en dring deur na die top skolekampioenskappe in Pretoria.

Netbal: Die O/14A-span het op doelgemiddeld uitgeval en nie aan die semi-finaal van die Gauteng Winterspele deelgeneem nie.

Hulle wen Noordheuwel 12-10, wen Transvalia 9-6 en verloor teen Affies 6-12.

Gimnastiek: Oos-Gauteng Gimnastiekkompioenskappe: Vlak 2: Chané van Aswegen algeheel goud met twee goue en een silwermedalje, Dominique Vermeulen algeheel silwer met twee silwer en twee bronsmedaljes, Madeleen Venter algeheel vierde met twee bronsmedaljes, Vanessa Pieterse een bronsmedalje.

Vlak 3: Tammy Viljoen algeheel tweede met een goud, twee silwer en een bronsmedalje, Chanté Smith algeheel vierde, Charlene Coetzee algeheel sesde, Clariska van Staden algeheel vyfde met een goud en een brons, Zhandi van Eeden algeheel sewende met een silwer, Nicolene Erasmus algeheel agtste.

Gholf: Die B en C-ligaspanne het die Kemptonparkligas gewen en speel in die finaal van Ekurhuleni by ERPM.

Die A-ligaspelers het in die top 20 gekom wat ook die finale proewe speel om die Ekurhulenispan te maak.

Ruitersport: Al drie Kempies se ruiters wat aan die “Core League” deelgeneem het, het plek in die Ekurhuleni-span gekry. Hulle is Luandri Potgieter, Reinet Venter en

Kayleigh Oakes.

Luggeweerskiet: SAARA (Gauteng Ope):

Presisie O/14:

3P Barend Botha goud; 10M Olympic Barend Botha goud.

Presisie 0/16:

10M Olympic Jovan Botha silwer, 3P Jovan Botha goud.

Presisie O/20:

3P Chantelle Botha brons.

Sporter O/16:

3P Philip Haussamer goud. 10M Philip Haussamer goud.

SAARA OVL Ope:

Presisie O/14:

3P Barend Botha goud, 10M Olympic Barend Botha goud.

Presisie O/16:

3P Jovan Botha goud, 10M Olympic Jovan Botha goud.

Presisie O/20:

3P Chantelle Botha silwer.

Sporter O/16:

3P Philip Haussamer goud, 10M Philip Haussamer goud.

SANSSU Noord-Gauteng Interprovinsiaal (Mini SA’s met 22 deelnemende skole):

Presisie 3P + 10M (algeheel): Jovan Botha 2de, Barend Botha 3de.

Sporter O/16 – 3P + 10M (algeheel): Philip Haussamer 1ste, Simone Mzyk 2de, Adrian Strydom 24ste, Michael Lombaard 34ste, Ruan van der Westhuizen 45ste, Andrew Rowlands 49ste.

Sporter O/14 – 3P + 10M (algeheel): Markus Mzyk 20ste.

Jukskeiliga: Kempton 1 wen 10 ½ – 4 ½ teen Kempton 3, Kempton 2 wen 8 -7 teen EG Jansen, Kempton 3 verloor 4 ½ – 10 ½ teen Kempton 1, Kempton 4 verloor 7- 8 teen Jeugland 1, Kempton 1 wen 8- 7 teen Jeugland 2, Kempton 2 verloor 7-8 teen Birchleigh.

Exit mobile version