Skitterende seisoen vir Riebie-span

Span dring deur tot by provinsiale kompetisie

DIE O/11A netbalspan van Laerskool Van Riebeeckpark het ‘n uitmuntende seisoen beleef.

Hul seisoen het met die Super 12 afgeskop. Hulle het al hul wedstryde op die dag gewen en is as Super 12 (B groep) wenners aangewys.

Daarna het hulle ‘n vriendskaplike wedstryd teen die wenners van die Super 12 (A groep), Laerskool Wierda van Pretoria, gespeel en met 20-18 gewen.

Hierna het die netballiga afgeskop. Tydens die liga het die Riebies 158 doele aangeteken en slegs 56 afgestaan.

Na afloop van die liga het die uitspele vir die winterspele begin. Tydens die distrikuitspele het die span drie wedstryde gespeel, 51 doele aangeteken en slegs ses afgestaan.

As wenners van D6 het hulle na die Ekurhuleni-streekkompetisie deurgedring. Daar het hulle vier wedstryde gespeel, 86 doele aangeteken en 22 doele afgestaan.

As wenner van die streek het hulle na die provinsiale kompetisie op 31 Julie deurgedring.

Exit mobile version