School sportSport

‘Cheerleaders’ vierde in Suid-Afrika

Twee krieketspelers blink die vakansie uit

HOëRSKOOL Kemptonpark se “cheerleaders” het ‘n vierde plek by die nasionale kompetisie die vakansie in Bloemfontein behaal.

Hulle was een van agt spanne wat na die finaal deurgedring het en dit nogal tydens hul eerste kompetisie.

Krieket: Die O/15 en eerste spanne het aan ‘n toernooi in Tzaneen deelgeneem. Die O/15’s het vier van hul vyf wedstyde gewen.

Nathan Grobler word opgeneem in toernooi se “dream team”. Hy vat 16 paaltjies vir die week.

Die eerste span het twee gewen, een was gelykop en die ander een het uitgereën.

Wilber van Dyk is in die toernooi se “droomspan” opgeneem nadat hy 12 paaltjies vir die week gevat het.

Zander Els is ook vir dié span gekies en is as beste kolwer gekies nadat 213 lopies gemoker het.

Muurbal: Kempies 1 het die A liga gewen en Kempies 2 die B liga na afloop van die seisoen.

Rugby: Kempies het die vakansie vrienskaplike wedstryde gespeel. Die uitslae was:

O/15A Kempies 13 vs Transvalia 22, O/16A Kempies 20 vs Transvalia 24, eerstes Kempies 70 vs Linden 12.

Back to top button