Kempie-eerstes klop Jeugland 45-26

Nie een van Jeugland se rugbyspanne kon die mas opkom nie

KEMPIES en Jeugland se rugbyspanne het mekaar Saterdag in die jaarlikse noord-suid derby gepak en vir Kempton was dit ‘n groot dag met al die spanne wat geseëvier het.

Die tellings was: O/14A 13-8, O/14B 24-19, O/14C 7-0, O/15A 39-5, O/15B 50-0, O/16A 52-12, derdes 52-0, tweedes 51-7, eerstes 45-26.

Kyk hier na foto’s van die wedstryd

Netballiga vs Marais Viljoen: O/14A wen 15-12, O/14B wen 14-8, O/14C verloor 14-16, O/15A wen 23-12, O/15B gelykop 17-17, O/15C verloor 7-14, O/16A wen 21-16, O/16B verloor 16-17, O/16C verloor 10-23, O/17A verloor 12-25, O/17B wen 33-1, O/19A verloor 24-35, O/19B wen 20-7.

Meisiehokkie – liga vs Jeugland: O/14A wen 4-1, O/14B wen 1-0, O/15A verloor 0-1, O/15B gelykop 0-0, O/16A wen 1-0, O/16B wen 4-1, tweedes gelykop 1-1, eerstes verloor 0-1.

Seunshokkie – liga vs CBC: O/14 gelykop 2-2, O/15 verloor 0-2, O/16 wen 5-0, eerstes wen 4-0.

Die seunspan was negende uit 16 skole in die Aitkentoernooi. Twee spelers is vir Oos-Gauteng gekies, naamlik Zander Nayel (O/16B) en Darren Adams (O/18A).

Muurbal: Kempies 1 wen Hans Moore 1 10-5, Kempies 1 wen CBC 1 11-3.

Atletiek: Michaela Minnaar is genooi om aan die Para Olimpiese Kampioenskappe vir seniors deel te neem. Sy was die enigste meisie by die SA’s wat teen mans deelgeneem het.

Sy het ‘n goue medalje in skyfwerp verower en ook haar eie SA rekord verbeter. Die span wat aan die Olimpiese Spele gaan deelneem word in Oktober aangewys.

Tennis: Meisies: Kempton A wen 58-14 teen Edenglen A, Kempton B wen 71-1 teen Edenvale B, Kempton C wen 44-12 teen Birchleigh D.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version