School sportSport

Kempies agste in tawwe Tuks-reeks

Eerste rugbyspan verloor naelskraap teen Eldoraigne in die finaal

DIE strawwe Super 16 Tuks-skolereeks is die naweek afgehandel met Hoërskool Kemptonpark wat algeheel agste gekom het.

Die naweek se uitslae was:

Rugby: O/14A verloor teen EG Jansen 14-36, O/15B verloor teen Monnas 7-40, O/15A wen teen Florida 21-0, O/16B verloor teen EG Jansen 9-15, O/16A wen teen Vereeniging 23-15, eerste span verloor teen Eldoraigne 10-13.

Seunhokkie: O/16 verloor teen Centurion 0-1, eerstes gelykop teen Marais Viljoen 1-1.

Meisiehokkie: O/14A wen teen KHS 4-0, O/15A gelykop teen EG Jansen 1-1, O/16A gelykop teen EG Jansen 0-0, eerstes gelykop teen KHS 0-0.

Netbal: Kempies het die afgelope week in hul jaarlikse derby teen Jeugland gespeel. Kempies het die toon aangegee deur 11 wedstyde te wen en twee gelykop te speel.

Die wedstryd van die eerste spanne was ‘n absolute riller en beide spanne het uitstekende spel gelewer. Kempies het aanvanklik wankelrig begin en was aan die einde van die eerste kwart met sewe doele agter.

Die Kempies het absolute karakter getoon deur die stang vas te byt en kon daarin slaag om die wedstryd met vier doele te wen.

O/14A gelykop 10-10, O/14B wen 21-9, O/14C wen 25-3, O/15A wen 28-11, O/15B wen 17-6, O/15C wen 17-9, O/16A wen 25-13, O/16B wen 21-14, O/16C wen 21-5, O/17A wen 9-6, O/17B wen 26-6, eerstes wen 33-29, tweedes gelykop 11-11.

Rugby: vriendskaplik: O/14B wen teen Eldoraigne 22-10, O/14B gelykop teen Monument 7-7, O/14C verloor teen Monument 5-47, O/16B wen teen Monument 19-5, vyfdes wen teen Monument 29-12, vierdes verloor teen Eldoraigne 5-38. vierdes verloor teen Monument 7-17, derdes wen teen Eldoraigne 29-0, derdes verloor teen Monument 9-15, tweedes wen teen Eldoraigne 19-18.

Muurbal: Liga: Kempies 1 wen Brandwag 1 12-0. Oos-Gauteng: Cheré Lindeque eindig tweede in die MO/14-afdeling.

Tennis: Liga: Seuns: Kempton A vs Edenvale High B wen 41-31, Kempton B vs Edenvale D wen 69-3, Kempton D vs Primrose A wen 45-11.

Meisies: Kempton C vs Birchleigh C wen 46-10.

Hokkieliga: Seuns vs Springs Boys High: O/14 wen 1-0, O/15 wen 1-0, O/16 wen 5-1, eerstes gelykop 1-1.

Vs Benoni High: O/16 wen 5-0, eerstes wen 2-1.

Vs Jeugland: O/15 verloor 0-1, eerstes verloor 0-1.

Vs Hugenote: O/14 wen 2-0, O/15 verloor 0-4, eerstes wen 3-2.

Meisies vs Noordheuwel: O/14A gelykop 2-2, O/14B verloor 0-2, O/15A verloor 1-3, O/15B verloor 0-3, O/16A wen 1-0, O/16B verloor 1-2, tweedes wen 2-1.

Back to top button