School sportSport

Kempie spog met twee SA rekords

Michaela is egter nog te jonk om aan die Para Olimpiese Spele deel te neem

‘n Leerling van Hoërskool Kemptonpark spog met twee Suid-Afrikaanse rekords wat sy by die SA Para Olimpiese kampioenskappe opgestel het.Michaela Minnaar het ook vir al vier haar items goud gekry. Sy het in groep T44 en F44 deelgeneem in die O/18 ouderdomsgroep.

Sy het die SA rekords in gewigstoot en skyfwerp verbeter. Sy het ook in spiesgooi en 100m goue medaljes verower.

Aangesien Michaela in graad 10 is, is sy nog te jonk om vir die Para Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Landloop: Simone Weitz het tydens die wêreldkampioenskappe in China ‘n 57ste plek verower en Warno Potgieter ‘n 70ste plek.

Luggeweerskiet SANSSU proewe 2:

Sporter O/16 – 3P: Philip Haussamer goud, Simone Mzyk silwer, Adriaan Barnard brons.

Sporter O/16 – 10M: Simone Mzyk goud, Philip Haussamer silwer.

Presisie O/14 – 3P: Barend Botha goud.

Presisie O/14 – 10M: Barend Botha goud.

Presisie O/16 – 3P: Jovan Botha goud.

Presisie O/16 – 10M: Jovan Botha goud.

Presisie O/21 – 3P: Michael van der Watt silwer.

Presisie – O/21 – 10M: Michael van der Watt silwer.

Back to top button