School sportSport

Verskeie Jeugland-spanne haal die finale

Twee skuts verteenwooridg Suid-Afrika in Duitsland

HOËRSKOOL Jeugland het die afgelope naweek aan die semi-finale van die NWU Puk-reeks deelgeneem.

Die finale sal op 9 Mei by NWU Pukke plaasvind. Die uitslae was:

Netbal: O/14A Jeugland 17 Potch Volkies 14, O/14B Jeugland 20 Hoogenhout 5, O/15A Jeugland 7 Potch Volkies 23, O/15B Jeugland 19 Driehoek 8, O/16A Jeugland 40 Hoogenhout 11, O/16B Jeugland 20 Potch Volkies 19, O/17A Jeugland 15 Hoogenhout 11, O/18A Jeugland 38 Driehoek 22, O/18B Jeugland 22 Driehoek 8.

Hokkie: O/14A Jeugland 3 Hoogenhout 0, O/14B Jeugland 1 Hoogenhout 0, O/15A Jeugland 5 Potch Volkies 1, O/15B Jeugland 2 Potch Volkies 0, 0/16A Jeugland 2 Potch Volkies 1, O/16B Jeugland 0 Driehoek 2, tweedes Jeugland 0 Driehoek 1, eerstes Jeugland 2 Potch Volkies 1.

Seunhokkie: Juniors Jeugland 0 Potch Volkies 7, seniors Jeugland 4 Potch Volkies 2.

Rugby: O/14A Jeugland 14 Potch Volkies 7, O/14B Jeugland 15 Potch Volkies 12, O/15A Jeugland 17 Hoogenhout 24, O/15B Jeugland 17 Hoogenhout 10, O/16A Jeugland 5 Potch Volkies 38, derdes Jeugland 26 Driehoek 0, tweedes Jeugland 7 Hoogenhout 5, eerstes Jeugland 38 Hoogenhout 32.

Tennis: Juniors verloor 19-44, seniors wen 38-25.

Skyfskiet: Jeuglandskuts het Saterdag aan die Gauteng provinsiale proewe deelgeneem. Die volgende skuts presteer goed: Juhandré Swart (O/16 presisieklas, 10m staan goud), Bernardus Haasbroek (O/20 presisieklas 10m staan brons), Gerrit Smith (O/16 sporterklas brons).

Bernardus Haasbroek en Richard Hudson het Maandag na Duitsland vertrek om Suid-Afrika in Hanover en Oldenberg te verteenwoordig.

Back to top button