Kempie onder wêreld se beste tien

Uitslae van die kwarteindronde van die Tuks-reeks

SIMONé Weitz van Hoërskool Kemptonpark het die top 10-ranglys vir vroue-atlete in die wêreld gehaal nadat sy die afgelope naweek vierde in die 1500m was by die senior SA kampioenskappe.

Sy vertrek hierdie week na Mauritius vir die Afrika-kampioenskappe.Drie ander Kempies het aan dieselfde kampioenskappe inStellenbosch deelgeneem.

Celia Stramrood was sesde in die 800m.

Tuks-reeks: Die kwarteind van die Tuks-reeks het die naweek in Pietersburg plaasgevind.

Die uitslae was:

Rugby: O/14A wen 36-7 teen Vereeniging Gim, O/15A verloor 0-18 teen Nelspruit, O/16A verloor 10-12 teen Nelspruit, eerstes erloor 21-31 teen Nelspruit.

Seunhokkie: O/14 verloor 0-3 teen Pietersburg, O/16 wen 6-0 teen Florida, eerstes wen 1-0 teen Vereeniging Gim.

Meisiehokkie vs Florida: O/14A wen 4-0, O/15A wen 8-0, O/16A wen 7-1, eerstes verloor 0-1.

Netbal: O/14A wen 29-11 teen Florida, O/15A verloor 21-9 teen Vereeniging Gim. O/16A wen 26-13 teen Nelspruit, O/17A wen 21-19 teen Vereeniging Gim,

eerstes verloor 28-20 teen Pietersburg.

Tennis vs Transvalia (1ste groepwedstryde): Bo 15 verloor, onder 15 wen 105-101.

Exit mobile version