Kempies klop gedugte Garsfontein in naelbyter

Garsfontein was in 2014 in die Top 5 van die SARU-ranglys

KEMPIES se eerste rugbyspan het Saterdag vriend en vyand verras toe hulle die gedugte Garsfontein van Pretoria tuis met 30-27 in die Tuks Skolereeks geklop het.

Hoërskool Garsfontein word met reg as een van die land se voorste rugbyskole gereken en word allerwee beskou as die gunsteing vir die TuksSkole-reeks.

Hulle het egter nie rekening gehou met Kempies se passie op hul tuisveld nie. Kempies was vroeg reeds onder druk toe Garsies vroeg ‘n drie gedruk en kort daarna ‘n strafdrie toegeken is. Kempies se verdediging en tempo het egter self gesorg vir drieë deur Thinus Grundelingh, Mauritz Snyman en Jaco Rossouw. Die skopskoene van Mauritz en later Francois Erasmus het uiteindelik die verskil gemaak in ‘n puik oorwinning van 30-27.

Wat hierdie prestasie in perspektief stel, is dat Garsfontein in 2014 in die Top 5 van die SARU-ranglys geplaas was. Hul was ook die naaswenners van die Beeld Makro-skole kompetisie en het derde in die Tuks Skole-reeks gekom. Die prestasie is voorwaar iets waarop nie alleen Kempies nie, maar ook Kemptonpark baie trots kan wees.

Die ander spanne se uitslae was: O/14A verloor 0-15, O/14B verloor 5-44, O/14C verloor 7-29, O/15A wen 34-14, O/15B wen 13-3, O/16A verloor 5-22, O/16B wen 17-3, vierdes verloor O-22, derdes wen 8-7, tweedes verloor 17-19.

Exit mobile version