School sportSport

Kempies slag Ermelo af in Tuksreeks

Die skool neem aan die Tuksreeks deel

KEMPIES se rugbyspanne het hul rugbyseisoen Saterdag op indrukwekkende manier afgeskop toe hulle Hoërskool Ermelo oortuigend in die Tuksreeks geklop het.

Hoewel al die spanne steeds tekens van onsekerheid getoon het, wat tipies van ‘n eerste wedstryd is, verdien die tempo en aanskoulikheid van die spel wat deur alle spanne gespeel is, vermelding.

Die eerstes het met 35-12 gewen. Die puntemakers was: drieë: Pieter Prinsloo (2), Francois Erasmus, Johan Marais, Marnus Liebenberg. Doelskoppe: Divan de Beer (2). Strafskop: Mauritz Snyman, Divan de Beer.

Die ander uitslae was:

O/14A wen 55-7, O/15A wen 41-0, O/16A wen 51-6, O/14B wen 53-0, O/15B wen 47-7, O/16B wen 58-0, tweedes wen 57-5, derdes wen 60-0.

Hokkie vs Ermelo (Tuksreeks): O/14A verloor 0-5, O/15A gelykop 0-0, O/16A verloor 0-4, eerstes verloor 1-2, O/14B wen 3-2, O/15B gelykop 0-0, O/16B wen 3-1, tweedes verloor 0-6.

Netbal vs Florida (vrienskaplik): O/14A wen 23-8, O/15A wen 28-6, O/16A wen 28-8, O/17A verloor 7-8, O/19A wen 34-9, O/14B wen 28-6, O/15B verloor 6-7, O/16B wen 21-14, O/19B wen 16-4, O/14C wen 15-9.

Back to top button