Kempies derde by A bond interhoër

Die punteverskil tussen die Kempies en Monnas was net 13 punte

KEMPIES was vanjaar derde by die A bond interhoër wat laas Dinsdag in die Royal Bafokeng-stadion plaasgevind het.

Helpmekaar het die kompetisie gewen met Monument tweede.

Kempies se meisies was tweede na Helpmekaar Kollege en het in die proses vir Monument, Waterkloof en Affies Meisies geklop. Die seuns was sesde uit agt skole.

“As in ag geneem word dat die punteverskil tussen skool twee en ses slegs 54 punte was, vertel dit iets van die felheid van die dag se kompetisie,” het die Kempies se hoof, Roelof Burger, gesê.

“Die punteverskil tussen die Kempies en Monnas was net 13 punte. Dit was ‘n skitterende spanpoging van die Kempies om hierdie prestasie te behaal.”

Kayla Meyer het met haar prestasie in die 800m die toekenning vir die beste meisie junior baanatleet gekry. Sy is ook aangewys as die Junior Victrix Ludorum van die byeenkoms.

Dit was die 11de jaar wat die Kempies in die A bond deelgeneem het. Hulle was drie keer aan die wenkant en het as skool nooit laer as derde gekom nie.

Kempies het 16 goue, 42 silwer en 28 bronsmedaljes verower.

Die volgende atlete het meer as 900 Absa-punte behaal:

Sherene van der Westhuizen (0/16 400m 910, 100m 920, 200m 931), Laurence Gouws (0/14 200m 915), Tionette Murray (0/15 200m 916, 100m 917 ), Kayla Meyer (0/14 200m 917, 400m 970, 800m 1034), Roan van der Merwe (0/19 200m 919), Mark Pritzen (0/16 1500m 920, 800m 1013), Quintin Pennels (0/16 400m), Nikita Botes 0/15 gewigstoot 926), Marizaan McCabe (0/15 800m 929), Elzaan van Tonder (0/17 gewigstoot 942), Warno Potgieter (0/19 1500m 959), Lyndi Roelofse (0/14 1500m 972), Liane van Jaarsveldt (0/14 hekkies 90m 979), Yster Louw (0/19 800m 983), Simonay Weitsz (0/16 1500m 991, 800m 995).

Netbal: Vier spanne het die naweek in twee afdelings aan die Saheti-netbaltoernooi deelgeneem.

Die 0/14A span het die plaatkompetisie van die 0/16 afdeling gewen en die 0/15A span het die 0/16 afdeling gewen.

Die 0/16A span het die plaatkompetisie van die oopspan-afdeling gewen.

Luggeweerskiet: Barend Botha en Chantelle Botha het op 28 Februarie in Belville in die Kaap aan die Soara-kompetisie deelgeneem.

Barend het goue medaljes vir 3P eb 10m Olympies verower.

Chantelle het goud vir 3P, silwer vir 10m Olympies en ‘n trofee vir ‘n algehele tweede plek asook ‘n honderdtal verower (10 kolskote in ‘n ry).

Exit mobile version