Kruinsig se atletiekvlag wapper hoog

Kruinies kraai weer koning by die interlaer

MET die grootste deel van die atletiekseisoen reeds agter die rug, kan Laerskool Kruinsig terugkyk op nog ‘n suksesvolle jaar.

Nie net het hulle weer die A bond van die interlaer gewen nie, maar ook puik presteer tydens ander byeenkomste.Met die uitsondering van atlete wat na byeenkomste soos Groter Kempton, distrik en die Gauteng-kampioenskappe, wat nog voorlê, is al die aksie verby. 45 van Laerskool Kruinsig se atlete het aan die Groter Kempton-byeenkoms deelgeneem.

Laerskool Kruinsig se suksesvolle seisoen is afgeskop met die interhuis atletiekbyeenkoms waar elke Kruinie kon deelneem.

Drie vriendskaplike byeenkomste, waaraan onder meer Laerskool Randhart (Alberton), Laerskool Kenmare (Krugersdorp), Laerskool Concordia (Boksburg), Farramere Primary (Benoni), Laerskool Vastrap, Laerskool Rustenburg (Rustenburg) en Laerskool Constantia Park (Pretoria) deelgneeem het, is gehou en die Kruinies het telkens as wenners van die baan gestap.

Dit het die fondament gelê vir die A-bond interlaer-atletiekbyeenkoms.

Die byeenkoms is aangebied deur Laerskool Jeugpark Primary op die bane van Hoërskool Jeugland op 12 en 13 Februarie.

Na ‘n snikhete Woensdag kon die veldatlete trots terugkyk op ‘n voorsprong van 27,5 punte oor Laerskool Edleen se 100,5. Die Donderdag is die baan-items afgehandel. Die finale puntetelling vir die A-bond was:

1. Laerskool Kruinsig (339). 2. Laerskool Jeugpark Primary (234). 3. Laerskool Edleen (205.5). 4. Laerskool Van Riebeeck Park Primary (176.5). 5. Laerskool Impala (128). 6. Laerskool Kreft Primary (124). 7. Laerskool Mooifontein Primary (113).

Exit mobile version