School sportSport

Kempies maak stem dik voor Interhoër

Top 15 atletiek: Kempies het daarin geslaag om ‘n vyfde plek uit die 80 skole te verwerf

KEMPIES se atletiek het vriend en vyand Vrydagaand tydens die UJ byeenkoms verras was die spreekwoordelike swaargewigte in atletiekkringe saamgetrek het.

Die Kempies het stof in die Pretoria-skole se oë geskop met Kempies eerste (822), Menlopark tweede (748) en Waterkloof derde (646).

Die seunsafdeling is deur Affies gewen (429) met die Kempies tweede (376), Menlopark derde (326) en Waterkloof vierde (320).

In die meisiekompetisie was die Kempies (426) te sterk vir Menlopark (422). Derde was Affies (392) en vierde Waterkloof (326).

“Die deursettingsvermoë en vasberadenheid van die Kempies het die dag se prestasies gekenmerk. Hierdie was die laaste groot kompetisie voor die Interhoër op 3 Maart in die Royal Bafokengstadion buite Rustenburg,” het ‘n trotse skoolhoof, Roelof Burger, gesê.

Warno Potgieter is aangewys as die beste senior seun baanatleet met sy prestasie van 03:55:04 in die 1500m vir S/O19. Simoné Weitz is as die beste senior meisie baanatleet aangewys met ‘n prestasie van 04:46:80 in die 1500m M/O16.

Die volgende atlete het meer as 900 ABSA punte verwerf:

Mark Pritzen (O/16 1500m 04:14:98, 900), Yster Louw (O/19 800m 1:56:12, 900, 1500m 03:59:54, 903), Amanda Griessel (O/15 hoogspring 1.55m, 905), Dillian Theron (O/16 gewigstoot 15.55m, 905), Quintin Pennels (O/16 800m , 2:03.10, 908, 200m 22.96, 936), Simonay Weitsz (O/16 1500m 04:46:80, 911), Louwrens Gouws (O/14 100m hekkies 14.48, 916, 200m 24.27, 934), Lareche Nelson (O/14 800m 2:24.39, 933), Tionette Murray (O/15 200m, 25.69, 935, 100m 12.56, 941), Liane van Jaarsveldt (O/14 300m hekkies (46.40, 938), Elzaan van Tonder (O/17 gewigstoot 13.47, 939), Kyla Meyer (O/14 1500m 04:54:95, 948, 800m 2:21:06, 1000), Liezel Killian (O/14 hoogspring 1.55, 955), Warno Potgieter (O/19 1500m 03:55:04, 957), Sherine vd Westhuizen (O/16 200m 25.06, 960, 100m 12.24, 967), Ryno Blom (O/17 gewigstoot 17.28, 971), Lyndi Roelofse (O/14 1500m 04:51:69, 980), Rachelle Wepener (O/17 gewigstoot 14.00, 990), Mark Pritzen (O/16 800m 1:58:88, 1009).

Top 15 atletiek: Kempies het daarin geslaag om ‘n vyfde plek uit die 80 skole te verwerf met ‘n gemiddelde ABSA punt van 984. Dit was net 40 punte minder as Menlopark, wat eerste was.

Kyla Meyer is aangewys as die beste baanatleet toe sy 1088 ABSA punte verwerf het vir haar 800m met ‘n tyd van 2:18.25.

Landloop: Twee kempies is aangewys om die naweek in Malawi te gaan deelneem aan die CAA Southern Region Championships as deel van die Junior SA span. Hulle is Warno Potgieter en Simoné Weitz.

Seunshokkie: O/15 verloor teen Edenvale High 1-2, O/16 wen teen Edenvale High 10-5, eerstes gelykop teen Edenvale High 2-2.

Back to top button