Jeugie-kolwer moker 158 van net 91 balle

Jeugland klop Kempies om derde in T20 te eindig

HOËRSKOOL Jeugland het Kempies laasweek met sewe paaltjies geklop om derde in die nasionale T20 toernooi te kom.

Kempton het die loot gewen en eerste gekolf. Hulle het 135/8 in 20 beurte aangeteken.

Jeugland se beste boulers was Louis Geldenhuys (2/16/4) en Steven Rossouw (2/21/4).

Jeugland het 139/3 in 18.1 beurte geslaan. Die beste kolwers was JD Beetge (34*) en Louis Geldenhuys (39*).

Jeugland het vroeër in ‘n groepwedstryd teen Hoërskool Pietersburg in Pietersburg gespeel. Pietersburg het die loot gewen, eerste gekolf en Pietersburg 309/8 in 50 beurte aangeteken.

Jeugland se beste boulers was André Smit (2/48/10) en Erhardt Steyn (1/39/7).

Die Jeugies het teruggeveg en Pietersburg behoorlik laat werk vir hul paaljies. Jeugland is uiteindelik vir 281 uitgehaal om met 28 lopies te verloor.

Die kolwer en speler van die wedstryd was Louis Geldenhuys. Hy het die boulers goed bymekaar gemaak en 158 lopies van 91 balle gemoker.

Exit mobile version