School sportSport

Groot week wag op Kempies se 0/15 T20-span

0/14 span klop Jeugland in ligawedstryd

‘n GROOT week wag op Hoërskool Kemptonpark se 0/15A T20-krieketspan hierdie week.

Die span speel Donderdag teen Jeppe High in die T20-finaal by Wits en Saterdag teen Dr EG Jansen in die Easterns-finaal.

In die liga het die 0/14A span Jeugland met 10 paaltjies geklop. Jeugland het 76/10 aangeteken, waarna Kempies ‘n vinnige 82 sonder verlies geslaan het om die wedstryd te beklink.

Die uitblinkers was JP Bloem (3/15 en 39*), Leander Theron (2/9), Dylan Schwartz (2/18) en Ruan van Dyk (40*).

Kurash-kampioenskappe: Monique Cordier (gr 9 M0/17 verwerf tweede plekke by die SA kampioenskappe en nasionale proewe.

Byron Grobler (gr 10 S0/17) was tweede by die SA kampioenskappe en eerste by die nasionale proewe.

Beide het gekwalifiseer om aan die VIII Junior en Kadet Wêreld Kurash-kampioenskappe in Taipei deel te neem.

Back to top button