Editor's choiceSchool sportSport

Impies se krieketspan kook

Die span het ook na die Easterns-uitspele deurgedring

LAERSKOOL Impala se eerste krieketspan het vanjaar ‘n ongelooflike seisoen beleef.

Hierdie groep seuns was al in Februarie hard aan die oefen en het beslis die vrugte gepluk vir al hul harde werk.

Hulle het hul seisoen afgeskop deur ‘n klomp vriendskaplike wedstryde te speel. Hulle het daarna by Thaba Morula getoer waar hulle die toer gewen het teen van die streek se top-privaatskole.

Die span het ook in die KFC Super 12-toernooi gespeel waar hulle as naaswenners aangewys is. Verder het die span ook die dorpsliga ingepalm.

Dit was die eerste keer in die skool se geskiedenis dat die eerste span die eerste span-liga twee jaar agtereenvolgend gewen het.

Die span het ook na die Easterns-uitspele deurgedring.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button