School sportSport

Kempies slag Jeugland af

Eerstes boul Jeugland uit vir 'n skrale 77 lopies

KEMPIE-KRIEKET het die afgelope week op ses silinders gevuur en hul teenstanders was elke keer aan die ontvangkant.

Die eerste span het Jeugland die naweek met 278 lopies afgeslag. Nadat Kempton 355 aangeteken het, is Jeugland vir slegs 77 in die 25ste beurt uitgeboul.

Kempies se uitblinkers was Dian Craven (119), Divan de Beer (97), Duncan Horn (33), Anre Craven (4/18) en Ruan Janse van Rensburg (3/17).

Die tweede span was ook aan die wenkant teen Jeugland met 88 lopies. Kempies het 178 aangeteken en Jeugland 90.

Die beste spelers was Dylan de Goede (31),Miguel Stoman (16 en 4/32), Ettienne (3/5) en Dian Kruger (3/20).

In hul wedstryd teen Benoni High het Kempies aan Benoni die taak gestel om 307 te jaag, maar hulle is vir 244 uitgeboul. Ettienne (86),Gerhard Marais (62) en Duncan Horn (50) was die grootste lopievrate.

In die O/15 wedstryd het Jeugland eerste gekolf en 113 aanteken. Kempies het die totaal in die 14de beurt met vier paaltjies plat verbygesteek om met ses paaltjies te wen.

JP Bloem (33*), Brendan Schmidt (40), Schalk Kleynhans (5/32) en Ruan van Dykeen JP Bloem (2 paaltjies elk) was die uitblinkers.

In T20 wedstryde het die eerstespan teen Eldoraigne gewen, maar met twee lopies teen Dr EG Jansen verloor.

Die O/14A en B spanne het vir Benoni High pak gegee.

O/14A: Benoni 126. Kempies 129/1. Die uitblinkers was JP Bloem (3/18 en 82*), Dylan Schwartz (3/23), Ruan van Dyk (2/11 en 29).

O/14B: Kempies 93/5. Benoni High 33. Die uitblinkers was JJ Otto (42 en 3/7), Francois Stoman (3/8) en Nikita Botes (1).

Netbal en hokkie: Bielie van die Bosveld in Brits: Die O/14, O/16 en O/18 netbalspanne het deelgeneem en nie een het ‘n wedstryd verloor nie.

Die O/14 hokkiespan het vyf van hul ses wedstryde gewen, die O/16’s was onoorwonne en die O/18’s het twee gewen, een gelykop gespeel en twee verloor.

Gimnatiek en trampolien: Agt Kempies het provinsiale kleure verwerf en drie, Zath Lotz, Shey Lotz en André Geyer. is by die Gautengspan ingesluit wat vanaf 3-11 Oktober aan die SA kampioenskappe gaan deelneem.

Vlak 2: Elande de la Rey (1ste), Monique Cordier (2de).

Vlak 3: Megan van Niekerk (3de), Shanea du Plessis (4de). Die Kempies verwerf ook drie silwer en en een bronsmedalje.

Vlak 4: Jessica Holder (5de).

Vlak 5: Shey Lotz (3de, verower drie brons medaljes).

Vlak 7: André Geyer (2de, verower 3 silwer en 3 brons).

Trampolien: Zath Lotz verwerf Gauteng-kleure

Landloop: Gauteng-skole: S0/14 Claude Pretorius 6de, M0/15 Simonay Weitsz 2de, M0/16 Carla du Randt 2de, M0/18 Suné Jonker 8ste).

ASA landloopkampioenskappe in George: Simonay Weitsz SA kampioen, Carla de Randt 23ste, Warno Potgieter 6de, Suné Jonker 10de.

Carla du Randt, Simonay Weitsz en Claude Pretorius het vir die SA skolekampioenskappe gekwalifiseer.

Ringbal: M0/18 wen liga en M0/17A en S0/17B is naaswenners.

Netbal: Tuks Fastnet: 0/18 is naaswenners nadat hulle in die finaal met 28-24 teen Affies verloor het. 0/15 was 4de en 0/14 (wat in die 0/15 liga deelgeneem het) 6de.

Back to top button