School sportSport

Kempies slag Hugenote af met 257 lopies

Die rugbyspanne kraai ook koning in Roodepoort

KEMPIES se eerste krieketspan het Saterdag die span van Hugenote van Springs behoorlik afgeslag toe hulle ‘n wegholoorwinning van 257 lopies behaal het.

Kempies het eerste gekolf en ‘n reuse 341/5 aangeteken. Zander Els (92), Dian Craven (52), Louis Geldenhuys (45) en Divan de Beer (43) het met die kolf uitgeblink.

Hugenote is daarna vir ‘n skrale 84 lopies uitgeboul. Wilbur van Dyk het het met sy uitmuntende 5/10 die grootste bydrae gelewer.

Die 0/15’s het ook nie op hul laat wag nie. Coenie van Deventer en Ewardt Steyn het elk vier paalties geneem en sodoende Hugenote tot 174 beperk.

Die teiken is in die 32ste boulbeurt afgekolf met Brendon Schmidt (71*) en Steyn (35*) wat die grootste bydraes gelewer het. Kempies het met sewe paaltjies gewen.

Kempton en Dr EG Jansen pak mekaar die naweek in wat beloof om ‘n titaniese stryd te wees.

Rugby

Roodepoort Rugbyklub se rugbyreeks vir 0/15 en senior spanne is deur Hoërskool Kemptonpark oorheers deurdat die 0/15 en senior span die trofeë ingepalm het.

Die finale is in snerpende koue en ‘n sterk wind gespeel. Die 0/15’s het met 23-0 teen ‘n Coke uitnodigingspan gewen en die seniors met 38-8 teen Middelburg.

Juandre Breytenbach (0/15) en Divan de Beer (seniors) is as spelers van die onderskeie finale aangewys.

Landloop

Noordvaal finaal:

Meisies: Beide die junior en senior spanne was derde met Kempies wat algeheel vierde was.

Simoney Weitsz (0/15) was tweede individueel.

Seuns: Beide die junior en senior spanne was derde met Kempies wat alheeel tweede was.

Revue

Kempies is as wenners van die hoërskool-afedling aangewys by die KENO-kompetisie in Krugersdorp se Eufeessaal.

Debat

Die Kempie/Sir Pierre-span wat Saterdag aan die provinsiale United Nations Debate deelgeneem het, is in die top ses spanne geplaas.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button