Beeldtrofee: Kempies pak Nelspruit Saterdag in kwartfinaal

Hoërskool Kemptonpark het Saterdag vir ‘n groot verrassing gesorg toe hulle die eerste span van Waterkloof met 22-20 uit die Beeldtrofee vir makroskole geskakel het. In 2013 was Klofies ook aan die ontvangkant toe hulle in die semi-finaal uitgeskakel is. Die wedstryd was uit die staanspoor genadeloos, hard en het deurgaans wipplank gery. ‘n Strafdrie …

Hoërskool Kemptonpark het Saterdag vir ‘n groot verrassing gesorg toe hulle die eerste span van Waterkloof met 22-20 uit die Beeldtrofee vir makroskole geskakel het.

In 2013 was Klofies ook aan die ontvangkant toe hulle in die semi-finaal uitgeskakel is.

Die wedstryd was uit die staanspoor genadeloos, hard en het deurgaans wipplank gery. ‘n Strafdrie na ongeoorloofde spel by ‘n lynstaan het ‘n voorsprong aan Kempies besorg.

Dit is egter vinnig uitgewis toe Klofies twee keer agter die doellyn gaan kuier het om met ‘n voorsprong van 15-10 te gaan rus.

Die tweede helfde het ‘n dramatiese begin gehad toe Klofies en SA skole-losskakel, Thinus de Beer, ‘n rooi kaart vir herhaaldelike oortredings ontvang het (twee geel kaarte).

Kempies het vinnig geslaan en ‘n doel en drie behaal om met 22-10 voor te loop. Hoewel Klofies hard teruggeveg het, het Kempies se rotsvaste verdediging hulle aan die wenkant gehou.

Die gees waarin die wedstryd gespeel is verdien vermelding.

Kempies speel Saterdag tuis teen Nelspruit in die kwartfinaal. Die 014’s speel om 9vm en die eerste span om 10.15vm.

Die 0/14 span van Kempies was vroeër ook aan die wenkant toe hulle Klofies met 6-5 getroef het.

Kempies se eerstes het vroeër laasweek op Barnardstadion met 24-21 in die Valke-finaal teen Dr EG Jansen verloor.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version