Editor's choiceSchool sportSport

Spanne slag Jeugland af in halfeindstryde

Die eerste- en tweede rugbyspanne se wedstryde is gestop omdat hulle 40 punte voor was

DIE wedstryde van Hoërskool Kemptonpark se eerste- en tweede rugbyspanne in Saterdag se Valke semi-finale is albei vroeër gestop omdat die Kempies meer as 40 punte voor hul teenstanders was.

Volgens die ligabepalings moet die wedstryd in ‘n halffinaal in so ‘n geval gestop word.

Die eerste span was drie minute in die tweede helfte 42-0 voor teen Jeugland. Die tweede span se wedstryd is na 15 minute gestaak toe hulle 43-0 voor was.

Die ander spanne se uitslae was: derdes wen teen EG Jansen 32-7, vierdes verloor teen die Anker 12-18, O/16A wen teen Vereeniging Gim 21-16, O/16B verloor teen EG Jansen 9-34, O/15A verloor teen Vereeniging Gim 5-10, O/14A wen teen Vereeniging Gim 50-5, O/14B wen ten Vereeniging Gim 34-0, O/14C verloor teen EG Jansen 0-43.

Hokkie meisies: qan die einde van die liga is die stand as volg:

O/14A ligawenners en deur na Noordvaal, O/14B naaswenners en deur na Noordvaal, O/15A naaswenners en deur na Noordvaal, O/15B naaswenners, O/16A vierde en speel in uitspeelrondtes, O/16B vyfde, tweedes vierde, eerstes ligawenners en deur na Noordvaal.

Hokkie seuns: O/15 speel teen Redan in die uitspele vir die Oos-Gautengfinaal. Die telling was 6-6 na ekstra tyd. Na uitspeel was dit steeds 6-6 en die “sudden death” het Redan ‘n doel gekry om 7-6 te wen.

Ringbal: Die volgende Kempies is vir die Oos-Ringbal provinsiale spanne gekies wat aan Ringbal SA se nasionale kampioenskappe gaan deelneem:

Dewald Coetzee (O/17 seuns), Nico Cronje (senior mans B), Micheala Minnaar (O/15 meisies), Franja van Vuuren (O/15 meisies), Marni Mouton (O/15 meisies), Raulene Killian (O/19 vroue), Leane Minnaar (O/19 vroue) en Chantelle Duvenhage (O/19 vroue).

One Comment

  1. Hoekom stop hulle kempies se wedstryde maar eg Jansen word nie gestop nie en wen vereeniging 61-0 wedstryde moet in algemeen nie gestop word nie as skole SWAK spanne wil kies moet hulle die nagevolge DRA en met groot punts verloor ander kwessie is hoekom word Hugenote en Transvalia nie opgebring nie hulle is inelkgeval sterker as die banker en jeugland

Back to top button