School sportSport

Kempies te sterk vir Noordheuwel

Die derde span behaal ook 'n skitterende oorwinning

DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Kemptonpark het Saterdag sy segetog voortgesit met ‘n oortuigende oorwinning van 89-13 teen Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp in ‘n vriendskaplike wedstryd.

Waar die voorspelers die vorige weke die uitblinkers was, was die agterspelers Saterdag briljant. Die tempo en hantering was by tye perfek en het gelei tot verskeie pragtige drieë.

Hoewel die hele span uitstekend vertoon het, verdien Marnus Gruber se vertoning op heelagter vermelding. Sy opsies en aansluiting by die agterlyn was uitstekend.

Die derdespan verdien ook vermelding. Hul het met ‘n pragvertoning en ‘n telling van 106-5 hul teenstanders totaal oorrompel.

Die ander uitslae was: O/14A 10-7, O/14B 0-12, O/14C 5-12, O/15A 22-3, O/15B 39-5, O/16A 23-18, O/16B 7-17, tweedes 39-27.Meisie-hokkie vs Hugenote: O/14A 1-0, O/14B 3-1, O/15A 4-1, O/15B 4-1, O/16A 2-1, O/16B 2-1, eerstes 1-1, tweedes 0-3.

Engelse debat: Die junior het Sondag heeldag aan die laaste drie rondtes van die SACEE ligakampioenskappe deelgeneem.

Hulle het teen Sacred Heart, Waterstone en Tembisa deelgeneem. Daar was teen die laaste rondtes 42 skole in die kompetisie. Die laaste rondte was geslote en die uitslae is nog nie bekend nie.

Skaak: O/18 en O/15 wen teen Jeugland 5-1. Aan die einde van die liga is altwee spanne nog onoorwonne.

Ringbal: Joanet van Zyl is aangewys as die beste doel in die klubliga waaraan die skoolspanne deelgeneem het.

Seunhokkie vs Springs Boys High: O/15 3-1, O/15 3-1, O/16 1-0, eerstes 1-1.

Netbal: liga vs Dinamika: O/14A 23-24, O/14B 37-0, O/14C 27-0, O/15A 31-17, O/15B 35-0, O/16A 21-18, O/16B 23-20, O/16C 16-5, O/17A 27-5, O/17B 38-3, O/19A 26-30, O/19B 14-18.

Luggeweerskiet: Proewe drie medalje-wenners: Sporter 0/16 3P: Philip Haussamer silwer; presisie 0/21 10m: Chantelle Botha goud; presisie groot totaal (3P en 10m): Chantelle Botha goud.

GTRA: Ppresisie 0/14 3P: Jovan Botha silwer; presisie 0/20 3P: Chantelle Botha silwer; sporter 0/16 3P: Philip Haussamer brons; sporter 0/16 algeheel 3P en 10m): Philip Haussamer silwer; sporter 0/16 10m: Philip Haussamer silwer.

GTRA: presisie 0/14 3P: Jovan Botha silwer; presisie 0/20 3P: Chantelle Botha silwer; sporter 0/16 3P: Philip Haussamer brons; sporter 0/16 algeheel (3P en 10m): Philip Haussamer silwer; sporter 0/16 10m (Durban Deep Klub-medalje): Philip Haussamer silwer.

GTRA Gauteng Ope: presisie 0/14 mans P: Jovan Botha silwer; presisie 0/14 mans 10m: Jovan Botha silwer; presisie 0/20 vroue 10m: Chantelle Botha goud; sporter 0/16 mans 3P: Philip Haussamer silwer; sporter 0/16 mans 10m: Philip Haussamer brons.

Uitsonderlike prestasie: Chantelle Botha knieposisie volpunte.

Tennis: liga: seuns: A-span Edenvale High B 52-20, C-span Shangri-la B 40-16, D-span Jeugland D 27-29, E-span Jeugland E 33-23.

Meisies: A-span Edenglen A 66-6, B-span Jeugland A 26-46, C-span Birchleigh A 36-20.

Back to top button