School sportSport

Kempies oordonder Jeugland

Kempies se spanne het altesaam 446 punte teenoor Jeugland se 21 aangeteken

DIE jaarlikse rugby-derby tussen Hoërskool Kemptonpark en Jeugland is vanjaar totaal deur Kempies oorheers.

Vanaf die eerste wedstryd was dit duidelik dat die Jeugies ‘n moeilike dag sou beleef. Dit was veral die voorspelers van Kempies wat in al die wedstryde te sterk vir hul teenstanders was.

Die toeskouers is deurgaans met pragtige hardlooprugby getrakteer wat ‘n hoogtepunt met die eerste spanne bereik het. Hoewel die tellings groot was, is dit veral die gees waarin die wedstryde beslis is wat beïndruk het.

Kempies se spanne het altesaam 446 punte teenoor Jeugland se 21 aangeteken.

Kempies sal, as die huidige spelpeil gehandhaaf word, beslis ‘n groot faktor in vanjaar se Beeldtrofee vir makroskole wees.

Die uitslae was: O/14A 56-0, O/14B 41-5, O/15A 64-0, O/15B Jeugland onttrek, O/16A 55-8, O/16B 63-0, vierdes Jeugland onttrek, derdes 64-0, tweedes 50-3, eerstes 53-5.

Engelse debat: Kempies het as Afrikaanse skool aan die provinsiale ligakampioenskapppe deelgeneem waaraan 49 skole deelneem.

Die juniors het by Crawford College aan drie debatte deelgeneem. Hulle het Watersonte gewen en teen Maragon verloor. Teen Bryanston was dit ‘n geslote rondte en die uitslae is nie bekend nie.

Die seniors het teen Brescia House en Waterstone verloor. Die debat teen Oprah Winfrey was geslote.

Die seniors het Saterdag aan die laaste drie rondtes deelgeneem. Teen Heron Brindge het hulle een rondte verloor en die ander een was geslote. Hulle het Willowmoore A gewen.

Netbal: liga vs Marais Viljoen: O/14A 16-13, O/14B 12-14, O/14C 10-11, O/15A 15-16, O/15B 9-30, O/15C 11-10, O/16A 20-23, O/16B 25-8, O/16C 18-7, O/17A 10-16, O/17B 30-12, eerstes 28-23, tweedes 16-19.

Carla Loots (WA), Danelle Swanepoel (WD), Alicia Oosthuizen (GA) en Talia Venter (GA) is vir die GSS spanne gekies.

Meisie-hokkie: liga vs Jeugland: O/14A 2-0, O/14B 0-1, O/15A 1-1, O/15B 1-0, O/16A 0-0, O/16B 0-1, tweedes 0-0, eerstes 1-0.

Megan van Dyk, Jennifer Mahlare, Benadre Botha, Chanie Steyn, Lee-Anne Maloney, Jenivieve Taljaard, Ursula Power en Cayla Coetzee is vir die provinsiale spanne gekies.

Seunhokkie: liga vs CBC: O/14 3-1, O/15 5-0, O/16 2-0, eerstes 1-0.

Skaak: O/18 klop Edenglen 4-2.

Koor: die Kempiekoor behaal ‘n silwersertifikaat tydens die ATKV Applous-kompetisie.

Tennis: eerste ligawedstryde: seuns: A-span: Jeugland A verloor 35-37, B-span Edenglen A wen 39-33, C-span Jeugland C wen 45-11, D-span Shangri-la C wen 38-18, E-span Jeugland F wen 31-25, F-span Jeugland E verloor 22-34.

Meisies: A-span Jeugland B wen 64-8, B-span Edenglen A wen 55-17.

Gholf: die span het reeds die helfte van hul ligawedstryde gespeel en loop sover voor in die EHSGU A-afdeling.

Ringbal: Kempies het ‘n seun- en meisiespan in die klubliga ingeskryf.

Die meisies het Saterdag in die semi-finaal en daarna in die finaal teen Glen Marais Klub gespeel en met 66-42 gewen.

Peet van Rhyn het hierdie foto’s van Kempies se drieë geneem.

Nog foto’s hier

Back to top button