School sportSport

Kempies sewende in Tuks-reeks

Verskeie spanne het ook medaljes en trofeë gewen

HOëRSKOOL Kemptonpark was as skool sewende in die afgelope Tuks-skolereeks.

Die groot opskudding was toe Kempies se eerste rugbyspan die span van Monnas naelskraap met 19-18 geklop het.

Kempies het ook verskeie trofeë in die Tuks-reeks verower: O/17A netbal Bowl-trofee, O/15A rugby skildtrofee, eerstes rugby skildtrofee, muurbal goue medaljewenners, eerstes netbal Bowl-trofee en landloop silwermedaljewenners.

Die uitslae van die finale wedstryde was:

O/14A verloor teen Monnas 8-27 (2de in reeks), O/15A wen teen Vereeniging Gim 26-6, O/16A verloor 8-14 teen Vereeniging Gim, eerstes wen teen Monnas 19-18.

Meisie-hokkie: O/14A 0-4 teen Nelspruit (4de in reeks), O/15A 0-1 teen Ermelo (4de in reeks), O/15B 0-2 teen Pietersburg (2de in reeks), O/16A 0-1 teen Centurion (8ste in reeks), eerstes 0-0 teen Dr EG Jansen (7de in reeks).

Die hokkie het die vyfde plek in die reeks verower.

Seunhokkie: O/14 1-2 teen Centurion, O/16 0-5 teen Centurion, eerstes 3-1 teen Dr EG Jansen.

Atletiek: Eckhardt Rossouw was eerste in die 200m en Monique Wagner tweede in gewigstoot tydens die Southern Regional Africa Championships.

Luggeweerskiet: Jacques Fouche het sy Protea-kleure in SA luggeweer-veldteikenskiet verower. Hy gaan later die jaar aan die wêreldkampioenskappe deelneem.

Ander uitslae:

Netbal: liga vs Hugenote (Kempies wen 10 van die 13 wedstryde): O/14A 33-3, O/14B 17-10, O/14C 8-9, O/15A 14-10, O/15B 14-19, O/15C 9-6, O/16A 18-14, O/16B 23-18, O/16C 7-15, O/17A 24-9, O/17B 14-2, O/19A 36-28, O/19B 9-9.

Seunhokkie vs Jeugland: O/14 wen 3-1, O/15 wen 1-0, eerstes verloor 0-3.

Skaak: O/18 wen teen Goudrif 6-0.

Muurbal: Kempies 3 vs Brandwag 1 wen 12-3.

Back to top button