School sportSport

Kempie-span wen die Tuks-reeks

Die skool se landloopspan was naaswenners na Monument

DIE muurbalspan van Hoƫrskool Kemptonpark is die Tuks-kampioene nadat hulle die reeks ingepalm het.

Pietersburg was tweede en Nelspruit derde.

Die skool se landloopspan was naaswenners na Monument. Die junior meisies en seuns en die aflosspanne het hul onderskeie afdelings gewen.

Die skaakspan was negende en Luke van Eyk het ‘n bordprys ontvang omdat hy 7 uit die 9 wedstryde gewen het.

Die ander sportsoorte is nog nie afgehandel nie.

Die skool se ander sportuitslae vir laasweek was:

Seunhokkie: liga vs Benoni High: 0/15 wen 6-1, eerste span verloor 0-2.

Rugby: B-spanne vriendskaplik teen Garsfontein: O/14B 12-7, O/14C 12-17, O/15C 12-21, O/16B 12-34, vyfdes 24-12, vierdes 22-5, derdes 21-14, tweedes 32-22.

Luggeweerskiet: tydens die onderskeie proewe het die volgende Kempies presteer:

SANSSU (Suid-Afrikaanse Skole Skuts Unie):

Proewe 1 medaljewenners (22 Februarie):

Sporter 0/16 – 3P: Philip Haussamer silwer.

Sporter – groot totaal (“overall”): Philip Haussamer brons.

Presisie – groot totaal: Michael van der Watt silwer.

Proewe 2 medaljewenners (12 April):

Sporter 0/16 – 3P: Philip Haussamer silwer.

Sporter – groot totaal: Philip Haussamer brons.

Presisie 0/21 – 10m: Chantelle Botha goud.

SAARA Noord-Wes Ope (4 April):

Presisie 0/14 – 3P: Jovan Botha silwer.

Presisie 0/14 – 10m: Jovan Botha silwer.

Sporter 0/16 – 10m: Philip Haussamer goud.

Back to top button