School sportSport

Kempies derde by A-bond interhoër

Die skool se skuts maak ook hul merk in dié sportsoort

HOëRSKOOL Kemptonpark was laasweek derde by die interhoër vir A-bondskole wat in gure weer by Herman Immelman-stadion plaasgevind het.

Helpmekaar was eerste en Monument tweede. Waterkloof was vierde, gevolg deur Garsfontein, Nelspruit en Dr EG Jansen.

Kempies se seuns en meisies was beide vierde en die span het 15 goue-, 14 silwer- en 26 bronsmedaljes verower.

Die atelete het meer as 900 punte op die ABSA-tabel behaal: James Peters (0/14 verspring 938), Johnic Smith (0/15 800m 905), Yster Louw (0/17 1500m 901 en 800m 1102), Johan Kruger (0/17 200m 931), Echardt Rossouw (0/19 200m 940), Zanie Labuschagne (0/14 800m 998), Tionette Murray (0/14 100m 907 en 200m 906), Shereen van der Westhuizen (0/15 200m 910) en Monique Wagner (0/17 gewigstoot 1056).

Eckhardt was as die beste senior seun-baanatleet en Monique die beste senior meisie-veldatleet.

Rugby: Vriendskaplik vs Hoërskool Marais Viljoen: 0/14C verloor 15-25, 0/14B gelykop 5-5, 0/14A wen 20-0, 0/15C wen 27-3, 0/15B wen 47-0,

0/15A wen 50-0, 0/16B wen 17-0, 0/16A wen 19-6, vierdes wen 36-7, derdes wen 29-0, tweedes wen 22-0, eerstes wen 20-3.

Ruitersport: Eerste kwalifiserende rondte van Ekurhuleni perdry-skoolskou op:

Luandrie Potgieter eerste en vierde, Abigail Braun twee vyfde plekke, Reinet Venter eerste sesde, sewende en negende, Chanel Jordaan agste en 11de.

Luggeweerskiet: Douglas in die Noord-Kaap teen skuts van regoor SA:

Presisie-geweer 0/14 3P (lê, staan, kniel): Jovan Botha goud.

Presisie 0/14 Olimpies 10m (staan): Jovan Botha brons.

Presisie 0/20 3P (lê, staan, kniel): Chantelle Botha silwer.

Sporter 0/16 3P (lê, staan, kniel): Philip Haussamer brons (persoonlike beste 536/600).

Sporter Olimpies 10m: Philip Haussamer goud.

Presisie Olimpies 10m: 0/20 Chantelle Botha silwer.

Egipte toer senior span: Hoewel Chantelle Botha nog as junior klassifiseer is sy gekies om saam met die senior spanlede deel te neem en het ‘n bronsmedalje verower.

Sy is ook die afgelope naweek vir die junior meisie Protea-span gekies wat na Suhl sal toer.

Haar pa, Timmy, wat die Kempieskuts afrig, is as dié span se afrigter aangewys.

Michael van der Watt is vir die Protea-ontwikkelingspan gekies wat na Suhl en Hanover sal toer.

Uitslae Gauteng Target Rifle Association (GTRA):

3P (lê, staan, kniel) Sporter (alle mans en vroue): Philip Haussamer goud.

10m Sporter (0/16) Philip Haussamer silwer.

10m Olimpies – presisie (0/14) Jóvan Botha silwer.

Durban Deep Club:

10m Sporter mans: Philip Haussamer brons.

10m Olimpies presisie mans: Jóvan Botha brons.

10m Olimpies presisie vroue: Chantelle Botha brons.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button