LettersOpinion

BRIEF: Danie deel herinneringe van Chris van Tonder

Chris en skoonpa Piet het Loman Melkery in Aston Manor inkopsiesentrum vir etlike jare bedryf en baie vriende gemaak.

Redakteur – My groot vriend, Chris (Chase) van Tonder is skielik oorlede die nag van 26/27Mei.
Chris, jy laat ‘n yslike leemte in die lewens van jou naasbestaandes, Lorraine en Monica in die verre Ooste en ander familielede en tientalle vriende in die ooste van Gauteng.

Jy het grootgeword as die seun van oom James en tannie Martha van Tonder van Kemptonpark en begin skoolgaan by Laerskool Kreft en later by Hoërskool Kempton Park.
Jy het rugby gespeel vir die skool se eerste span vir drie jaar, aan die Cravenweek deelgeneem en is na matriek polisiekollege toe in Pretoria.
Chris het vir Noord-Transvaal o20 gespeel en aan die Springbokproewe deelgeneem op 19 jarige ouderdom.

Hy het onder oom Buurman van Zyl deurgeloop en daarna in Transvaal en Noord Transvaal senior spanne gespeel.
Met die groot kontrakte wat rugbyspelers tans verdien het Chris graag vertel dat as hulle wegwedstryde gespeel het, en verloor het in daai tye, het elkeen in die span R7.50 verdien en een bier in die bus op pad lughawe toe.

As hulle gewen het het hulle twee biere gekry.
Chris het op 11 Junie 1979 met Lorraine Pieterse getrou en hulle het twee kinders gehad, Martin en Monica.

Martin was ‘n eersteklas gholfspeler en Monica het haarself onderskei as vriendin en ‘n skolier duisend, reeds vroeg in haar laerskool jare by Bredell Laerskool.
Martin is ongelukkig oorlede in a motorongeluk in September 2009.

Monica is tans onderwyseres in Abu Dhabi.
Chris en skoonpa Piet het Loman Melkery in Aston Manor inkopsiesentrum vir etlike jare bedryf en baie vriende gemaak.
Geniet die rus ou maat.

Ons glo daar is ‘n hele paar Blou Bulle wat nie kan wag dat jy daar moet aankom nie.
Danie Esterhuizen.

Also follow us on:

   

Back to top button