Rondloperhond byt Molly amper dood

’n Baie groot dankie aan Kempton Dierehospitaal

ALIDA KOEKEMOER van Birch Acres skryf:

Vroeg Sondagoggend, 26 November, is my hondjie, Molly, deur ’n vreemde hond wat oor ons muur gespring het, aangeval.

Hy het haar aan die keel beetgekry en amper doodgebyt. Dit was so ’n swart baster Staffie in Birch Acres.

Asseblief mense, hou julle honde in julle eie erwe.

’n Baie groot dankie aan Kempton Dierehospitaal. Dr Tertius, ek is jou ewig dankbaar vir die manier waarop jy die situasie hanteer het.

Hy het gereeld, soms tot drie maal ’n dag, geskakel om te sê hoe dit met Molly gaan. Die personeel was ook te alle tye simpatiek en behulpsaam en dit word opreg waardeer.

Exit mobile version