Kyk: Mnr SA staan stil met nuwe enkelsnit

“Daar is ’n gedeelte in die lirieke wat sê dat ‘ek staan vir dié wat die stryd verloor het’ wat vir my in al diegene wat werk, geleenthede en geliefdes verloor het, beliggaam word.”

Kempton Park rolmodel en titelhouer van Mnr SA 2020 Hannes van der Walt verklap sy vokale talent tesame met ’n voorskou van die jaar wat voorlê.

“2021 is baie bedrywig en dit is interessant om gesin, werk, liefdadigheid, pers, reis en my borge alles te juggle. Byvoorbeeld, nou doen ek fotosessies in Kaapstad waarmee al die pryse wat ek saam die titel gewen het, vertoon word.”

Só deftige titel het die vermoë om enige mens te verander, maar Hannes volhou dat dit slegs sy siening is wat verander het.

ALSO READ: Municipal employee arrested for stolen trailer wheels

“Met die tipe aandag wat Mnr SA kry, voel jy dat jy meer krag dra agter dit wat jy doen. Maar wie ek is en waarin ek glo het nog niks verander nie. Inteendeel, ek dink dit gee mens meer van ’n hupstoot om dit waarin jy glo na te jaag.”

Ek Staan Stil was al in die grendeltydperk in 2020 geskryf, waarvan die enkelsnit toe opgeneem en die musiekvideo beplan was. Maar, die bekroningsaand het al hoe nader getree en Hannes het besluit om dit op ys te plaas.

“Die lirieke kom uit ’n plek uit van seer. Nie in my eie lewe nie, maar in baie mense se lewens. Daar is ’n gedeelte in die lirieke wat sê dat ‘ek staan vir dié wat die stryd verloor het’ wat vir my in al diegene wat werk, geleenthede en geliefdes verloor het, beliggaam word.”

Vir hom word die boodskap van die liedjie gefokus op hulpeloses wat eenvoudig nie moet terugsit nie, maar eerder staan en die lewe saam sy uitdagings moet aandurf.

“Wees positief en hou jou blik na bo. Dis tog waar ons hulp vandaan kom.”

Die enkelsnit is deur Vonk Musiek opgeneem, verwerk en vrygestel. Hannes is werk tans aan ’n nuwe enkelsnit en oorweeg om sy nuwe materiaal in vandag se modiese metode vry te stel.

“Mense moet onthou dat in vandag se tyd is daar nie meer hope CD-bekendstellings nie. Vernaam nou dat winkels soos Musica sy deure gesluit het, is ’n volle album ’n risiko. Dus fokus die industrie meestal op enkelsnitte wat via Apple Music en YouTube bekendgestel word.”

Dié enkelsnit is gemik op die opdraande heuwel wat gelei het na sy doelwit om as Mnr SA bekroon te word.

“Dis ’n tipe anthem-song wat nogal herinner aan Miley Cyrus se The Climb wat in my wêreldbeskouing omvat word.”

Op die oomblik stel Hannes homself ook beskikbaar om as agtergrondsanger vir ander kunstenaars in die opname-ateljee in te tree.

#MRSA2020; #vonk; @vonkmusiek

Also follow us on:

   

 

 

Exit mobile version