Editor's choiceLocal newsNews

Jeugdag-verkope boul Huis Bernuda 5 uit

Elke geselsie en glimlag van die gemeenskap van Kemptonpark was wonderlik

“Ons is uitgeboul.”

So sê Annette Oosthuizen, voorsitter van Huis Bermuda 5 se komitee, na afloop van Huis Bermuda 5 se hapsaam-worsbroodjiebraai op Jeugdag.

“Om die waarheid te sê, waarvoor ons voorsiening gemaak het, het ons verkoop en nog ‘n ekstra 80. Ons was ook bevoorreg om 50 worsbroodjies aan Allenpark se spesiale sorgeenheid te skenk.”

BERNY During, die eienaar van Piatto, saam met een van sy sjefs.

Berny During van Piatto Glen Balad het aan boord gekom en die “sjefs” en ‘n gasbraaier beskikbaar gestel. Hulle het die wors tot perfeksie gebraai. Die restaurant het ook geskenkpakkies gegee.

Die huis sê ook dankie vir die NG-kerk Kempton-Kruin wat hul lapa en toerusting beskikbaar gestel het.

“Van my kant af, dankie vir almal se hulp en bydrae om die oggend vir ons suksesvol te gemaak het. Hierdie span se motivering en bereidwilligheid om te help is uitstaande,” het Oosthuizen gesê.

PIATTO in Glen Balad Mall het die “sjefs” vir die dag voorsien.

“Ons het ons doel bereik, want Jeugdag was ‘n geleentheid om ons nuwe bestuurslede bekend te stel, lekker interaksie met die gemeenskap te hê, die kinders te ontmoet en om moontlik nuwe lede te werf. Dus was elke geselsie en glimlag van die gemeenskap van Kemptonpark wonderlik. Ons gaan definitief in 2018 weer aan Jeugdag deelneem.”

Back to top button