Editor's choiceLocal newsNews

Allenpark hou lekker kermis

Daar was ook 'n tombolatrekking en verskeie pryse is gewen

ALLENPARK het Saterdag sy jaarlikse kermis gehou met hope pret en plesier vir oud en jonk.

Van musiekvermaak op die verhoog deur Steven Sterling en Ryan Walt tot ponieritte vir die jongklomp. Daar was ook meer as 40 stalletjies met allerhande lekkernye en handgemaakte items om te koop.

Vanjaar het Allenpark Oos-Rand Beskermde Werkplek se inwoners ingespan om karwagte te wees en daar was ook ‘n “tuk-tuk”-diens wat mense van en na die kermis vervoer het. Dit was ‘n groot sukses.

Daar was ook ‘n tombolatrekking en verskeie pryse soos ‘n TV, Spar-geskenkbewyse en onder meer ‘n naweek weg vir twee om te wen.

“Dit was ‘n reuse sukses en ons het soveel pret gehad met al ons inwoners wat ook stalletjies gehad het. Ons wil dankie sê aan almal wat betrokke was by die dag,” sê organiseerder by Allenpark, Sarie Scheepers.

 

Back to top button