Editor's choiceLocal newsNews

Denique VLU ontbind na 21 jaar in die stad

Die aandtak het onlangs sy laaste prysuitdeling gehou

NA 21 jaar in Kemptonpark, het Denique VLU ‘n aandtak van dié beweging besluit om te ontbind.

Sandra Mynhardt, skakelbeampte van Denique, het gesê die aandtak is op 6 Mei 1996 gestig om werkende vroue te akkommodeer om deel te wees van die VLU.

EREGASTE by Denique VLU se prysuitdeling was Corrie du Plessis, Alta Prinsloo en Elize Breytenbach.

“’n Stemming is tydens ‘n vergadering oor die voortbestaan van die tak gehou, want die veiligheid van lede en sprekers om in die aand vergaderings by te woon, is ‘n groot faktor. Die meeste lede is tans met pensioen en hulle kan by een van die ander dagtakke betrokke raak,” het Mynhardt bygevoeg.

Denique het op 24 April sy laaste prysuitdeling gehou om lede vir hul prestasies die afgelope jaar te vereer.

Hulle was bevoorreg om die nuutverkose streekvoorsitter van Goudrifstreek, Alta Prinsloo, die vise-voorsitter van Goudrifstreek en Birchleigh-tak, Corrie du Plessis, asook die uitgetrede streekvoorsitter van Goudrifstreek, Nina Nel, by die geleentheid te kon verwelkom.

ALTA Prinsloo saam met Denique se staatmaker van die jaar, Magda Sliep.

Prinsloo en Du Plessis het saam met Bets Lourens, die kompetisiekoördineerder van die tak, die oorhandiging van sertifikate en trofeë hanteer.

Nel het aan Ria Janse van Rensburg haar 10-jaar speldjie oorhandig.

Die volgende lede het sertifikate in die verskillende kategorieë op takvlak ontvang: Tasha Podmore (gebak en naaldwerk), Magda Sliep (gebottel), Marinda Geerdink (mikrogolf en lekkers), Marie Pieterse (breiwerk, hekelwerk), Joan Badenhorst (handvlyt en blomme).

Honderd persent bywoning: Elize Breytenbach, Esmé Dreyer, Marinda Geerdink, Ria Janse van Rensburg, Bets Lourens, Sandra Mynhardt, Magda Sliep en Susan van Niekerk.

Die volgende vroue het sertifikate en trofeë in die verskillende kategorieë ontvang:

Takvlak:

Meeste eerste plekke: Tasha Podmore en Marie Pieterse.

Hoogste persentasie enige artikel (tak/kongres/konferensie): Tasha Podmore.

Hoogste punt in ope afdeling: Magda Sliep, Bettie Delport en Marinda Geerdink.

Konferensie:

Staatmaker van die Jaar: Magda Sliep.

Jaarprogram: Denique (eerste plek) – Sandra Mynhardt.

Prosa: Susan van Niekerk (prosa gaan deur na kongres).

Back to top button