Kempies se akademie was weer tops in 2016

Hoërskool Kemptonpark is as naaswenner in die distrik aangewys

TYDENS die Ekurhuleni-Noorddistrik se meriete toekenningsfunksie Vrydag het die Kempies se personeel en leerders wat by die matriekklas van 2016 betrokke was, weer besondere erkenning gekry vir hul akademiese prestasies.

Die sewe vakke wat as die beste in die distrik vereer is, was Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, rekenaartoepassingstegnologie, ingenieursgrafika en ontwerp, gasvryheidstudies, ontwerpkuns en siviel tegnologie.

Drie vakke het ook die beste leerder gelewer: Francois Erasmus (Afrikaans en besigheidstudies) en Brigitte Snyman (Engels).

Die Kempies het twee toppresteerders onder die distrik se individuele presteerders opgelewer. Francois Erasmus (2) en Rudolph Ernst (5) het die matriekklas van 2016 se naam hoog gehou.

Hoërskool Kemptonpark is as naaswenner in die distrik aangewys.

HoËrskool Kemptonpark is ook tydens die onlangse meriete-funksie van die Ekurhuleni-metropool as die derde beste skool in die gebied aangewys.

Eerste was Edenvale High School en tweede Boksburg High School.

Twee 2016 matrieks van die Kempies het ‘n volle studiebeurs, boekebeurs en verblyfbeurs ontvang. Hulle is Francois Erasmus en Rudolph Ernst.

Brigitte Snyman het ‘n soortgelyke beurs ontvang as beste presteerder in Engels.

Exit mobile version