Editor's choiceLocal newsNews

Troukoors in skrikkeljaar, vrou vra man om te trou

Die paartjie is al saam vir nege jaar met nege pragtige kinders.

KEMPTONPARKER Marelize Nagel (29) het op die laaste nippertjie van die skrikkeljaar gebruik gemaak om op 17 Desember die liefde van haar lewe, Charles Trublet De Nermont (39), te vra om te trou.

Nagel het die vraag by Emperors Palace se liggietuin gevra.

Die paartjie ken mekaar al vandat Nagel 10 of 11 jaar oud was en is al vir nege jaar saam in ‘n liefdevolle verhouding.

“Ek en Charles is al deur baie moeilike tye en ek het net besef ek sal nooit ‘n beter lewensmaat kry nie,” vertel Nagel.

DIE plakkaat wat gemaak was deur Daleen Roode asook, Charles se ring.
DIE plakkaat wat gemaak was deur Daleen Roode asook, Charles se ring.

“Ek het lank gewik en geweeg oor hoe, waar en wanneer en toe besluit ek op die Garden of Lights. Hy sou niks vermoed nie. Ek het op 9 Desember ‘n epos aan Emperors Palace gestuur met die versoek waarop Ryan Sharp gereageer het. Hy was amper net so opgewonde soos ek. Ons het daardie hele week daaroor gesels.”

Nagel se tannie, Daleen Roode, het die plakkaat gemaak en dit saam met die ring voor die tyd vir Sharp gaan gee. Twee van die sprokieskarakters, ‘n prinses en ‘n sneeuman, wat deel was van die liggiefees, het gehelp.

“Die prinses het die plakkaat oopgerol waarop daar gestaan het, ‘Charles Trublet De Nermont, will you please marry me?’. Toe hy foto’s van die sneeuman wou neem, het hy die ring vir Charles gegee. Hy was stomgeslaan en woordeloos en hy het my net begin druk en soen.”

DIE prinses en sneeuman wat deel was van die groot vraag.
DIE prinses en sneeuman wat deel was van die groot vraag.

Nagel sê sy is mal oor Charles se persoonlikheid en dat hy so goed is met kinders en dat hy haar altyd bystaan in enige situasie.

“Ons is geseën met nege pragtige kinders tussen die ouderdom van vyf maande tot 13 jaar. Ons het twee kinders saam, ek het drie kinders uit ‘n vorige verhouding en hy vier uit sy vorige huwelik. Ek

aanvaar sy kinders soos wat hy myne aanvaar en ons is baie lief vir mekaar en baie gelukkig.”

Die paartjie het nog nie op ‘n troudatum besluit nie.

 

Back to top button