Editor's choiceLocal newsNews

CAD help mekaar om sober te bly

CAD-dienste word gratis aangebied

TWEE CAD-lede van die Kemptonparktak, het onlangs hul soberheid op die tweejaarlikse nasionale konferensie van die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) gevier.

Johan Bezuidenhout is reeds 15 jaar sober en Roelf Jansen van Vuuren het sy 20ste soberheidsverjaardag gevier. Albei het hul trofeë tydens die geleentheid ontvang.

Hierdie is maar net twee van die talle suksesverhale wat gereeld by die CAD gevier word.

CAD is ‘n organisasie wat gerehabiliteerde alkohol- en dwelmafhanklikes en persone met enige ander afhanklikheid ondersteun en motifeer om sober te bly. Hulle betrek ook die gesin van die substansafhanklike persoon en staan hulle met raad en hulp by.

Die Kemptonpark-groep vergader elke Maandagaand om 7nm by die Gereformeerde Kerk Kemptonpark, op die hoek van Highveldweg en Huggetstraat.

Dit is ‘n selfhelpgroep waar mense weekliks die geleentheid het om hul gemeenskaplike probleme met mekaar te deel en ondersteuning aan mekaar te bied.

Dit is informele byeenkomste, waar sprekers gereeld optree, groepbesprekings plaasvind, Bybelstudie gedoen word en sosiaal verkeer word.

CAD-dienste word gratis aangebied. Vir verdere inligting, skakel Maans Booysen by 072-303-2671 of Chris Coetzee by 081-841-5959.

Back to top button