Bespreek nou vir Jakkals & Leo

Die konsert word aangebied ten bate van Tutela (voorheen CMR)

DIE Kairosteater Kemptonpark bied op 9 November om 7.30nm sy sewentiende konsert aan met twee bekende kunstenaars, Jakkie Louw en Kevin Leo, in hul konsert, “Jakkals & Leo”.

Beide is gewilde en gevestigde kunstenaars in eie reg. Hulle het na hul wegholsukses met die video “Voshaarnooi” van Louis van Rensburg, besluit om saam konsert te begin hou. Die video was oornag ’n gunsteling op TV en op YouTube het meer as 350 000 mense al na die video gekyk.

Die konsert is deesdae een van die gewildste vertonings om by te woon.

Die konsert word aangebied ten bate van Tutela (voorheen CMR) se gesinsorgdienste in Kemptonpark. Kaartjies kos R130 ’n persoon (tafels onder) en R100 (volwassenes) en R80 (kinders en studente) vir sitplekke op die galery.

Besprekings kan by Annatjie Krige by 082-454-3520 gedoen word.

Die Kairosteater is gevestig op die kerkperseel van die NG Gemeente Kempton-Hoogland, De Wiekusweg 85, Van Riebeeckpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version