Editor's choiceLocal newsNews

Dink twee, drie keer voor jy praat

Hoekom vereenselwig ons liefde met pyn?

DIE Vriende van die Kempton Park Biblioteke het onlangs in samewerking met Birchleigh- en Birchleigh-Noord-biblioteke ’n oggendtee met die ATKV-bekroonde skrywer, Sophia Kapp, aangebied.

Sy het afgeskop met 10 “spreekwoorde” wat ons ouers gereeld gebruik het, asook ons self. Bekende frases soos, “dit maak my seerder as vir jou, maar ek moet jou dissiplineer”; “Jy gaan nie met daai klere uit my huis nie”; “Bly nou net asseblief ’n bietjie stil”; “hou nou op met huil en blaas jou mond af” is genoem.

Onder groot gelag is al die geykte woorde herhaal, maar toe kom die in-die-bek-ruk van Sophia. “Weet julle wat julle doen met daardie woorde,” vra sy.

ELKE Kelder, voorsitter van die Kempton Park Vriende van die Biblioteek.
ELKE Kelder, voorsitter van die Kempton Park Vriende van die Biblioteek.

Hierna het Sophia verduidelik wat gebeur met hierdie vaslegging in ons en ons kinders se breine.

Hoekom vereenselwig ons liefde met pyn? Liefde is net dit, liefde. Jy vertel jou kind om stil te bly, want sy opinie tel nie. Jy mag nie treur/huil/rou nie, so hou op huil. Gevoelens moet onderdruk word. Moenie praat oor wat pla nie. Is padwoede dalk deel van ons onderdrukte gevoelens? So baie pyn en hartseer.

Kleredrag word veroordeel. Dit is die algemene konsep van hoekom ’n vrou verkrag word. Sy nooi hulle uit met haar kleredrag. Sy kry net wat sy verdien. Hoekom? Omdat sy ’n kort rompie dra of ’n laehalsrok. O nee, dis dubbele standaarde. Ja, wees versigtig wat jy aantrek, want ongelukkig is daar sulke mense wat dit predik.

Maar moenie haar keuse van kleredrag veroordeel nie. Dit is haar keuse en waarmee sy gemaklik voel. Elke mens mag sy/haar keuses uitoefen en daar is niks mee fout nie.

Dit het almal opnuut weer laat dink en besef dat wat ons sê uiters belangrik is. So dink twee keer en selfs drie keer, voor jy praat.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button